

Junie 2018
54
op plaasvlak
Diere
Dieresiektes wat die mens aantas
B
esmette beesmelk en melkpro-
dukte met
Mycobacterium bovis
-
bakterieë wat nie gepasteuriseer is
nie, is die hoofbron van besmetting
by die mens wat beestuberkulose ver
oorsaak. Buffelmelk wat met die bakterieë
besmet is, kan ook ‘n bron van besmetting
by die mens wees.
Inleiding
Beestuberkulose is ‘n direkte antropo
soönose (siekte of besmetting wat primêr
by die dier voorkom en natuurlik na die
mens oorgedra word) en word veroorsaak
deur die bakterie
M. bovis
, wat hoofsaaklik
in beeste, maar ook in wild (veral buffels) en
vleisetende diere voorkom.
Die siekte het oorgespoel na wild (by
voorbeeld buffels, elande en bosbokke),
vleisetende diere (leeus, hiënas, luiperds en
jagluiperds) en ander diere, soos bobbejane,
vlakvarke, koedoes en rooibokke. Die be
smetting mag oorgedra word na ander vee-
en wildsoorte wat in noue aanraking met
aangetaste beeste leef en na roofdiere wat
besmette prooi vreet.
Hierdie bakterieë veroorsaak ‘n relatiewe
klein persentasie (minder as 2%) van
tuberkulosegevalle by die mens. Die
meeste gevalle van tuberkulose (meer as
90%) by mense word deur
Mycobacterium
tuberculosis
veroorsaak (menstuberkulose).
Mycobacterium bovis
-tuberkulose by men
se het drasties verminder oor die jare weens
doeltreffende siektebeheer by beeste en
pasteurisasie van beesmelk.
Tuberkulose wat by die mens voorkom, kan
die dier besmet. Wêreldwyd word jaarliks
miljoene nuwe
M. tuberculosis
-besmettings
aangemeld. Hierdie siekte is een van die
belangrikste besmetlike siektes wat mense
wêreldwyd laat sterf. Na raming is ge
durende 2016 meer as 1,6 miljoen mense
wêreldwyd dood aan tuberkulose, waarvan
374 000 sterftes mense was wat menslike
immuniteitsgebrekvirus (MIV)-positief was.
Van die 374 000 sterftes was 180 000 van
Suid-Afrika.
Tuberkulose by mense kan voorkom en
beheer word. Die siekte is ‘n toonaangewen
de siekte onder MIV-positiewe mense.
Omdat tuberkulose wederkerig tussen die
dier en die mens oorgedra kan word, staan
dit bekend as ‘n amfisoönose. Gedurende
2016 was daar na raming 10,4 miljoen
nuwe tuberkulosebesmettings wêreldwyd,
waarvan ongeveer 1 miljoen kinders was.
Ander name
Ander name waaronder tuberkulose by
mense bekend staan, is
phthisis
(Grieks),
consumption
(Latyn),
scrofula
,
Pott’s
disease
en
white plague
.
Hoe doen ‘n mens die
besmetting op?
Nie almal wat met
M. bovis
asook
M. tuberculosis
besmet word, word siek
nie. Persone wat besmet word en nie
siek is nie, het ‘n verborge of onsigbare
tuberkulosebesmetting. Hierdie besmette
persone voel nie siek nie, het geen
siektetekens nie en kan nie die tuberkulose
na ander persone versprei nie.
Daar is wel sekere persone met die la
tente tuberkulose wat siek kan word.
Ongeveer een derde (2,47 miljard) van
die wêreld se bevolking (7,5 miljard) het
latente tuberkulose, waarvan die oorgrote
meerderheid besmet is met
M. tuberculosis
.
Die meeste persone word besmet met
M. bovis
deur die drink of eet van besmette
ongepasteuriseerde melk of melkverwerkte
produkte. Die bakterieë kan diemens besmet
deur direkte kontak met tuberkuloseletsels
tydens nadoodse ondersoeke op beeste of
ander diere (byvoorbeeld buffels, koedoes,
leeus en vele meer) deurdat hulle die
liggaam binnedring deur snytjies of wonde.
Inaseming van bakterieë van uitgeasemde
besmette lug van die dier kan die mens
besmet. Direkte besmetting vanaf diere
na die mens deur besmette luginaseming
(druppelbesmetting) is raar. Oordrag van
M. bovis
-bakterieë van mens-na-mens kan
plaasvind deur inaseming as besmette
persone nies of hoes.
Tuberkulose: Beroepsiekte
Persone wat weens hulle beroep aan die
siekte blootgestel is, is dierehanteerders,
abattoir- en slaghuiswerkers, veeartse,
asook persone wat op melkplase, wildplase,
voerkrale en vleisbeesplase werk. Persone
wat rou melk en verwerkte melkprodukte
wat ongepasteuriseer is inneem, val in
die hoë-risikogroep-mense wat
M. bovis
-
besmetting kan opdoen. Mense wat MIV-
besmet is, het ‘n 20 tot 30 keer groter kans
om tuberkulose op te doen as mense wat
nie MIV het nie.
Persone wat ‘n hoë risiko vir
M. bovis
-
tuberkulose loop, behoort gereeld siftings-
toetse vir tuberkulose te ondergaan.
Longradiografie word gebruik om tuber
kulose in mense te diagnoseer. Siftings
toetse vir diere sluit tuberkulienveltoetse en
bloedtoetse in.
Siektetekens in mense
Nie alle
M. bovis
-besmettings by mense
veroorsaak tuberkulose nie en gewoonlik
het hulle geen siektetekens nie. Persone
met tuberkulose weens
M. bovis
of
M. tuberculosis
het koors, hoes, nagsweet
en gewigsverlies.
Ander siektetekens kan voorkom afhan
gende van watter organe en liggaamsdele
aangetas is. Met longaantasting hoes die
persoon gewoonlik en as die dermkanaal
aangetas is, kan die persoon diarree of
buikpyn hê.
Behandeling
Tuberkulose wat veroorsaak word deur
M. bovis
by die mens, word gewoonlik
dieselfde behandel as
M. tuberculosis
-
gevalle by mense. Tuberkulose by mense
word gewoonlik met kombinasies van
verskillende antibiotika behandel. Sonder
tuberkulosebehandeling kan die siekte
fataal wees.
Voorkoming en beheer van
M. bovis
in die mens
Gebruik net gepasteuriseerde melk of melk
wat ander effektiewe hittebehandeling
ondergaan het en gebruik net sulke melk
in die vervaardiging van melkprodukte.
Vermy kontak met beeste, wild en ander
diere wat tuberkulose het. Tuberkulose is
‘n staatsbeheerde dieresiekte in Suid-Afrika
kragtens die Wet op Dieresiektes (Wet no.
35 van 1984).
Vir meer inligting hieroor, kontak dr Jan
du Preez by
drjanh.dupreez@gmail.com
of
besoek
www.zoonoses.co.za.
Dr Jan du Preez,
veterinêre spesialis: Volksgesondheid
Deel 4: Soönotiese tuberkulose
Tuberkuloseletsels in die borsholte van
‘n buffel. Die bakterieë kan die mens besmet
deur direkte kontak met tuberkuloseletsels
tydens nadoodse ondersoeke op beeste
of wild.