

Junie 2018
52
Wees effektief om doeltreffend te boer
d
ie beginsels van effektiwiteit en doeltreffendheid in
boerdery raak al hoe belangriker soos die boerdery-
omgewing toenemend meer gesofistikeerd en vol
houbaar moet word. In die hedendaagse uitdagende
toestande met die toenemende koste van insette, lae
graanpryse en druk op natuurlike hulpbronne, is dit
vir produsente van kardinale belang om die produksiefaktore tot sy
beskikking optimaal en volhoubaar te benut.
Die koste-prys-knyptangeffek kan duidelik in graanproduksie
waargeneem word en dit veroorsaak dat produsente se winsge
wendheid onder druk kom. Produsente word daarom gedwing
om beter en meer effektief te boer, wat beteken dat die uitset per
hoeveelheid inset moet toeneem. Die oogmerk vir die produsent,
wanneer daar verwys word na die optimale benutting van
produksiefaktore, moet wees om die insette wat toegedien word,
asook die natuurlike hulpbronne wat beskikbaar is, ten beste te
benut om soveel moontlik daaruit te kry en derhalwe wins oor die
lang termyn te maksimaliseer.
Dit is egter van kardinale belang dat produsente ook die natuurlike
produksiefaktore – veral grond en water – wat in meeste gevalle
‘n beperkte en kwesbare hulpbron is, optimaal en volhoubaar benut.
Doeltreffendheid en effektiwiteit
Doeltreffendheid en effektiwiteit is twee konsepte wat hand-aan-
hand gaan en daarom kan dit in sommige gevalle met mekaar verwar
word. Aangesien dit twee konsepte is wat gedurig in dié artikels
gebruik gaan word, is dit belangrik om dit te definieer.
Doeltreffendheid
beteken om iets op die regte manier te doen en
om met die minste insette die meeste daaruit te kry. ‘n Voorbeeld is
om graan te produseer met die minste insette en hulpbronver
steuring. Hoe meer uitset per hoeveelheid insette gebruik, verkry
word, hoe beter sal die doeltreffendheid van produksie wees. Die
besigheidswoordeboek verwys egter na doeltreffendheid eerder as
die vergelyking tussen die hoeveelheid uitset wat werklik geprodu-
seer word teenoor die hoeveelheid wat moontlik geproduseer kan
word – waar dieselfde hoeveelheid van ‘n inset verbruik word.
Effektiwiteit,
aan die ander kant, is om die regte aksie te doen
ten einde die regte resultaat te bereik – dus om volhoubare graan
verbouingspraktyke te gebruik.
Ons kan daarom sê dat ons volhoubare graanverbouingspraktyke
(effektiwiteit) wil gebruik om maksimum graan met die minste
hulpbronne te produseer (doeltreffendheid). Ons moet effektief
wees om doeltreffend te wees.
Vir die graanprodusent kan die doeltreffendheid van produksie
aan verskeie maatstawwe gemeet word. Dit word in die meeste
gevalle deeglik gedoen met die opbrengs per hektaar wat sekerlik
die mees algemene maatstaf is wat produsente gebruik om hul
doeltreffendheid te meet. Produsente probeer ook om hierdie
maatstaf jaar na jaar te verbeter ten einde beter opbrengs per hektaar
te realiseer. Dit is egter belangrik dat produsente doeltreffendheid
nie hoofsaaklik aan die opbrengs per hektaar meet nie, maar ook in
terme van opbrengs per hoeveelheid inset toegedien.
Dit is die beste maatstaf vir doeltreffendheid en produsente moet
daarom daarna streef om die opbrengs per eenheid inset toegedien
jaar-op-jaar te verhoog ten einde werklik meer effektief en doeltref
fend te wees. Hierdie insette sluit alle aspekte in, wat strek vanaf
saad tot en met kunsmis en selfs verskillende kunsmiselemente,
soos byvoorbeeld hoeveelheid graan geproduseer per eenheid
stikstof toegedien.
Verder is ook belangrik om nie net klem te lê op die fisiese insette
wat toegedien is nie, maar dat produsente ook die natuur
like hulpbronne in ag sal neem wanneer hulle hierdie doeltref
fendheidsmaatstawwe bereken; ons praat derhalwe hier van
“eko-effektiwiteit” of “eko-doeltreffendheid”.
Die natuurlike hulpbronne wat ‘n kardinale rol in die produksie
van graan speel, is onder andere grond en water – wat in meeste
gevalle ook die beperkende hulpbron in die produksie van graan
is. Produsente moet poog om hierdie beperkende hulpbronne so
effektief moontlik te gebruik ten einde produksie te optimaliseer.
Hierdie reeks artikels sal die doeltreffendheid van waterverbruik
op plaasvlak
Bestuurspraktyke
Deel 1
Luan van der Walt,
landbou-ekonoom, Graan SA,
DR Hendrik Smith,
bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA
en
Petru Fourie,
navorsingskoördineerder/produksiekoste-analis, Graan SA
lei na doelt reffendheid
Effektiwiteit
Reeks