

51
June 2018
dit saam met die faktore wat die markprys deur die loop van die
seisoen sal dryf, oorweeg word. Dit sal verseker dat die beste
moont-like strategie gekies word, aangesien die verskillende strate
gieë onder verskillende omstandighede verskillende uitkomstes
sal bied.
Koste verbonde aan die strategie
Kontantvloei is een van die belangrikste aspekte in enige besigheid
– en so ook in enige boerdery. Kontantvloeiposisies moet sover
moontlik beskerm word en daar moet vasgestel word watter impak
die strategie wat gevolg word op die boerdery se kontantvloei
kan hê.
Wanneer graan vir latere verkoop gestoor word, is daar nie tydens
strooptyd ‘n kontant-invloei nie. Dit realiseer eers later wanneer
die graan verkoop word. Neem die koste verbonde aan stoor in ag.
Kostes sluit in fisiese stoorkoste, asook die geleentheidskoste en
rente op produksiekapitaal wat nog nie gedelg word nie.
Ander strategieë kan die geleentheid bied om wel ‘n kontant-invloei
tydens strooptyd te hê – en boonop moontlik deur die loop van die
seisoen wins te maak. Produsente moet hulself vergewis van die
aspekte verbonde aan hierdie strategieë wat in Deel 3 en Deel 4 van
die reeks bespreek is.
Wees vertroud met die prysvlakke
Dit is noodsaaklik om goed vertroud met produksiekoste, asook die
hoeveelheid wins wat vir die seisoen beoog word, te wees. Wanneer
‘n mens deeglik met die kostestrukture van jou boerdery vertroud
is, sal dit makliker wees om te beplan as dit by die strategie kom.
Wanneer die koste verbonde aan die strategie bereken word, kan
vasgestel word wat die minimumprys moet wees om seker te maak
dat die strategie winsgewend is. Terwyl die strategie geëvalueer
word, moet die nodige en relevante markinligting daarmee saam
oorweeg word.
Die vertroudheid met die kostestrukture van die plaas sal grootliks
tot meer objektiewe besluitneming bydra, omdat beter besluite
geneem kan word indien die mark teen sekere prysvlakke sou
verhandel.
Hou die strategieë so eenvoudig moontlik
Alhoewel ‘n groot verskeidenheid strategieë oorweeg kan word
en ‘n groot aantal verskillende alternatiewe in kombinasie met
mekaar gebruik kan word, is dit belangrik om die strategie wat
gebruik word so eenvoudig as moontlik te hou.
Besonder ingewikkelde strategieë kan in diepte kennis van die
markte en die tegniese aspekte van die werking daarvan vereis ten
einde werklik te verstaan hoe dit werk. Daar is wel goeie, eenvoudi-
ge strategieë wat suksesvol gebruik kan word – waarvan ‘n paar in
die reeks bespreek is.
Die strategie wat oorweeg word, moet ook deeglik met die
graanhandelaar bespreek word om te verseker dat almal verstaan
wat die mikpunt van die strategie is en wat die moontlike wins of
verlies verbonde aan die strategie kan wees.
Ten slotte
Iets wat in gedagte gehou moet word wanneer besluite rakende
spesifieke bemarkingstrategieë geneem word, is dat die risiko
verbonde aan die strategie wat gebruik word, van kardinale
belang is.
Die eerste oorweging vir ‘n bemarkingstrategie moet wees om
‘n beter prys vir die geproduseerde produk te realiseer – met die
laagste moontlike risiko daaraan verbonde. Produsente moet die
marksituasie in geheel in ag neem en veral klem lê op die relevante
fundamentele faktore wat markpryse bepaal.
Goeie bemarkingsplanne is ook van kardinale belang. Bemarkings
planne met realistiese doelwitte, wat ‘n bydrae sal lewer om
besluitneming te vergemaklik en wat die emosie grootliks daaruit
haal, kan maak dat dit wenplanne is.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Jan Schoonraad 2017