

45
June 2018
Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.
Dit vergemaklik die berekening en projeksie van die vraag-en-aan-
bodtabelle vir die seisoen, met die afsluiting van die seisoen wan-
neer plaaslike voorraadvlakke op hul laagste is. Dit word ook as
kritieke tyd in die mark beskou.
Grafiek 1
wys die gemiddelde maandelikse onverwerkte voorrade
van mielies in Suid-Afrika. Uit Grafiek 1 kan ons aflei dat die laag
ste vlakke van onverwerkte voorraad gedurende April voorkom.
Die grafiek bevat die gemiddelde maandelikse inligting oor die af-
gelope 18 jaar.
Die oordragvoorraad in die vraag-en-aanbodtabelle toon egter
die hoeveelheid graan wat moontlik in die land tydens die maand
wanneer die laagste hoeveelheid onverwerkte graan in die land
beskikbaar is, beskikbaar kan wees. In Suid-Afrika is die minimum
syfer waarmee die mark gemaklik is, genoeg graan vir ongeveer
1,5 maande (ses weke) se verwerking.
Tans word ongeveer 860 000 ton mielies per maand in Suid-Afrika
verwerk, wat beteken dat daar tydens April ten minste 1,3 miljoen
ton se onverwerkte voorraad in die land beskikbaar moet wees.
Indien die eindvoorraad (voorraad tydens April) minder of relatief
naby aan dié getal is, sal die mark veral uiters sensitief wees vir as-
pekte soos weersomstandighede. Indien die beskikbare hoeveel-
heid graan heelwat hoër as hierdie vlakke is, behoort die mark nie
so sensitief te wees vir moontlike uitdagings met voorraad nie. Die
mark reageer boonop dan nie so skerp op omgewingsfaktore soos
wat andersins die geval is nie.
Grafiek 1 wys ook waar die graan gestoor word. Dit illustreer dat
die meeste graan by kommersiële opbergers of silo-eienaars ge
stoor word. Daar is ook ‘n hoeveelheid wat per maand by verwer
kers gestoor word. Die hoeveelheid graan wat per maand by hulle
gestoor word, is naby aan die hoeveelheid wat per maand verwerk
word. Daardeur verseker die verwerkers hul inventaris vir ten minste
ongeveer ‘n maand se verwerking.
Waar lê die graan?
Alhoewel dit duidelik is waar die graan gestoor word, is dit ‘n uitda
ging om te sê aan wie die meeste van die graan wat gestoor word,
behoort en waar die graan lê. Die graan wat gestoor word, kan in
‘n groot aantal gevalle in sekere gebiede van die land lê, terwyl die
voorraad daarvan in ander gedeeltes van die land maar skraps is.
Daarom sal aankopers in sekere gedeeltes van die land sukkel om
graan in die hande te kry, al is daar moontlik hoë voorraadvlakke
in die land beskikbaar.
Die aankopers in daardie gebiede sal dan hoër pryse vir graan moet
betaal, omdat graan nie volop in die gebied is nie. Die aankoper sal
genoodsaak wees om die graan van ver af aan te ry, wat veroorsaak
dat die prys wat betaalbaar is bes moontlik duurder sal wees as wan-
neer die graan in die streek volop is. Dit is die beginsel vir vraag en
aanbod per streek.
Wanneer die vraag na graan in ‘n streek groter is as die aanbod van
graan in dié streek, sal die streek as ‘n premiegebied bekend staan
– veral in tye wanneer die voorraad in die gebied skraps begin raak.
Premiegebiede is die meeste van die tyd gedeeltes wat naby groot
verbruikspunte lê, maar waar die produksie gewoonlik nie die vraag
na graan oorskry nie. In die meeste gevalle is gebiede nader aan die
kus groter premie-areas, omdat meeste van die graan in die binne-
land geproduseer word. Dit is vir verwerkers duurder om graan die-
per in die binneland aan te koop en daarom kan hulle hoër premies
vir die graan naaste aan hulle aanbied.
Die gebiede nader aan die kus is ook beter geleë vir uitvoere en
hierdie gebiede se graan sal eerste vir uitvoerdoeleindes aangekoop
word, wat ‘n goeie vraag in dié gebiede kan skep en van die gebied ‘n
premiegebied kan maak – veral wanneer die land ‘n netto uitvoerder
van mielies is.
Produsente moet hulself vereenselwig van die vraag en aanbod in
die gebied en wanneer hul in ‘n premiegebied is, beding vir premies
wanneer hul graan bemark.
Ten slotte
Die bemarking van graan speel ‘n uiters belangrike rol in die wins
gewendheid van ‘n boerdery en dit is belangrik om daaraan aandag
te gee. In die vryemarkstelsel is inligting van kardinale belang en
daarom moet soveel as moontlik inligting ingesamel en vrae gevra
word wanneer dit tyd is vir bemarking.
Produsente moet hulself vergewis van die situasie, sowel as die
vraag en aanbod in die omgewing ten einde vas te stel wanneer
goeie geleenthede vir premies in die mark voorkom. Dit is belang
rik om te onthou om vir premies te beding wanneer bemarking
gedoen word.
Graan SA/Sasol fotokompetisie