

Graanvoorraad en beskikbaarheid
d
eur die loop van die bemarkingseisoen word voort-
durend verwys na die produksie, verbruik en voorraad-
vlakke van graan. Dit is, onder andere, die belangrikste
fundamentele aspekte wat rolspelers in die bedryf in
gedagte hou wanneer die moontlikhede vir die seisoen
in terme van markprysverwagtinge oorweeg word.
Produksie verwys na die hoeveelheid graan wat plaaslik per sei-
soen geproduseer word en dié syfers word op ‘n maandelikse basis
deur die Nasionale Oesskattingskomitee bekend gemaak. Alhoewel
dié maandelikse syfers ‘n skatting is, het die komitee hulle al deur die
jare oor en oor bewys as akkuraat.
‘n Ander aspek wat ook ‘n noemenswaardige rol in die mark speel,
is die verbruik van die mark. Die verbruik verwys na die hoeveel-
heid graan wat per seisoen verbruik word en is ‘n aanduiding van die
vraag na die graan.
Hierdie syfers word deur die Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens
(SAGIS) ingesamel en aan die mark gerapporteer, wat die hele
waardeketting in staat stel om goeie berekeninge te doen en beter
besluite te neem.
Die aspek wat beide die produksie en verbruik van die graan reeds
in ag neem, is die voorraadvlakke. Dit word ook op ‘n maandelikse
basis deur SAGIS bekend gemaak. Dié syfers toon die hoeveelheid
onverwerkte graan wat aan die einde van elke maand in die land
beskikbaar is.
Seisoenale voorraadvlakke
Grane en oliesade se voorraadvlakke is in Suid-Afrika oorwegend
seisoenaal, met voorrade wat tradisioneel die hoogste is tydens
strooptyd en deur die loop van die seisoen minder word soos die
graan verbruik word.
Die bemarkingseisoen van die verskillende grane en oliesade is
hoofsaaklik aangepas by die seisoenale voorrade. Die plaaslike be-
markingseisoen van mielies strek vanaf 1 Mei tot en met 30 April,
aangesien April tradisioneel die maand is wanneer die plaaslike
voorraadvlakke van mielies die laagste is.
Luan van der Walt,
landbou-ekonoom, Graan SA
Graanmark
-oorsig
11 Mei 2018
Junie 2018
44
Grafiek 1: Maandelikse gemiddelde onverwerkte voorraad van mielies en verwerking per maand.
Bron: SAGIS
Fokus
Graanwaardeketting