

‘n
Geskatte meer as 20 miljoen ton graan- en oliesade
voorrade is in die 2017-seisoen effektief deur die
Graanhanteringsorganisasie (GOSA) se lede hanteer.
Diepsee-uitvoere het sowat 2 miljoen ton beloop, waarvan
witmielies uitgevoer is na Kenia en geelmielies na Japan, Korea en
Taiwan.
GOSA het sy lede bedank vir die effektiewe hantering van die
vorige seisoen se rekord mielie-oes van bykans 17 miljoen ton.
Die silo’s is teen volle kapasiteit benut en silo-eienaars moes
voorrade rondskuif om almal te akkommodeer. Tesame met
ander kommoditeite wat gedurende 2017 gestroop is, is meer as
20 miljoen ton uiteindelik deur die lede hanteer, met nagenoeg
2 miljoen ton wat na die Ooste uitgevoer is.
“Ondanks goeie of slegte tye is ons in landbou verplig om aan
Suid-Afrika se bevolking ‘n gerusstelling te verskaf rakende
voedselsekerheid en -sekuriteit. GOSA is trots op die onderskeie
landbou-organisasies en hul samewerking. Die land se nagenoeg
33 000 primêre produsente, wat gereken word as van die beste in
die wêreld – en dit sonder enige staatsubsidies soos hul eweknieë
elders ter wêreld – verdien besondere eer,” het me Annatjie Loio
(president van GOSA) by die organisasie se 35ste simposium op
22 en 23 Maart by Mosselbaai gesê.
“Volgens die 28 Maart-oesskatting behoort 12,2 miljoen ton
mielies dié seisoen geoes te word. Die oordragvoorrade van na
genoeg 3,5 miljoen ton mielies en verbruik van 10,5 miljoen ton
per jaar, laat die plaaslike bedryf met ‘n hele paar miljoen ton
mielies vir uitvoere.”
GOSA is
b r e ë b o r s
oor bedryf
én produsente se effektiwiteit
Produk-inligting
Johan Smit,
namens GOSA
1: Kallie Schoeman (‘n lid van GOSA) en Ferdinand Meyer
(GOSA-raadslid) by die motiveringspreker, Vusi Thembekwayo,
na sy aanbieding by die organisasie se 35ste simposium. Them-
bekwayo reken Suid-Afrika het ‘n toekoms en gaan oor 20 jaar
ongekende sukses beleef.
2: Annatjie Loio (links) van Unitrade is herkies as president van
GOSA. Awie Kriel (Kaap Agri) sal haar bystaan as vise-president.
3: Al die pad uit Noordwes: NWK se graanmanne het netjies gelyk
in hulle korporatiewe drag. Jaco van Dyk, Jaco Botha, Jaco van
Wyk, Lourens van Tonder, Ronnie Claassens, André Potgieter en
Marinus Meiring.
4: Tyd vir netwerk en bladskud is ‘n vername pluspunt van die
GOSA-simposiums. Hier is Joe Roberts (Perdigon), Wandile Mtoba
(Mannelli Commodities) en Nico Hawkins (SAGIS) in gesprek.
1
2
Fokus
Graanwaardeketting
Junie 2018
42
3
4