

Junie 2018
40
Fokus
Graanwaardeketting
Produk-inligting
E
lke oesjaar bied nuwe uitdagings en Afgri Graanbestuur
sal soos in die verlede daarna streef om ons diensvlakke
op ‘n hoë standaard te hou. Sodoende kan ons verseker
dat produsente hul oes met die minste ontwrigting by
bedryfspunte lewer.
Volgens aanduidings is daar vanjaar ongeveer dieselfde hoeveelheid
hektaar as verlede jaar aangeplant. Sedert die 2014-seisoen was
daar ‘n ommeswaai van mielies na sojabone. Hierdie tendens blyk
voort te duur gemeet aan die aantal olieperse wat opgerig word. Ons
moet ons só posisioneer dat die groter volumes sojabone vinnig en
effektief by silo’s ontvang en opgeberg kan word.
Produsente kan tereg vra watter voordeel dit vir hulle inhou om hul
graan by ons op te berg. Landboumaatskappye se opbergbeen is
‘n kritiese vennoot in produsente se bemarkingsketting. Deur van
‘n betroubare opberger gebruik te maak, kan die produsent die vol
gende voordele geniet:
Graan word by silo’s of bunkers gelewer wat as Safex-punte
geregistreer is.
Die produsent verskuif sy risiko onmiddellik na die opberger en
die graan wat gelewer is, is dadelik beskikbaar om bemark te
word.
Die kwaliteit en kwantiteit word ook gewaarborg – ongeag die
bergingsperiode.
Produsente wat by ons bergingspunte lewer, het ook die opsie
om met elke vrag te besluit of hulle dit op ‘n dagtarief of vaste
opbergopsie wil lewer. Deur van hierdie opsies gebruik te maak,
kan die uiteindelike kostes ook deur die produsent self bestuur
word. Wanneer graan direk op ‘n kontrak gelewer word, word
geen bergingskoste teen die produsent se bergingsrekening
gedebiteer nie.
Wêreldleier in graanbestuur
Afgri Graanbestuur is die wêreldleier op die gebied van hantering
en berging van mielies, koring, sonneblom, sojabone, gars en
sorghum. Ons bied veilige berging van landbouprodukte in ‘n
infrastruktuur van graansilo’s, -bunkers en sakdepots regoor Suid-
Afrika, asook in vyf lande in Afrika, insluitend Kongo-Brazzaville,
Uganda, Tanzanië, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië, met ‘n ber
gingskapasiteit van ongeveer 5 miljoen ton.
Wêreldklas-tegnologie in voorraadbestuur posisioneer ons as ‘n
industriële deskundige in graanbestuur. Die vermoë om graan deur
‘n wye netwerk van aankoopagente te verkry, maak ons ‘n leier in
ons veld. So ook ons vermoë om voorraad namens ons kliënte te dra.
Afgri Graanbestuur bied gestruktureerde handelsgeleenthede aan
die mark. Graan word deur Afgri Graanbemarking aangeskaf en
deur die Rou Materiaal Verkrygingsbesigheid gedra. Ons bied
oplossings aan graan-maal- en -persbesighede regoor Afrika met
mededingende rentekoerse op kommoditeite wat namens kliënte
gedra word.
Voordele van produkte en dienste
Veilige opberging oor lang periodes.
Voldoening aan landbouvoedselprodukstandaarde.
Silosertifikate kan aangevra word (dit sluit Safex- en elektroniese
sertifikate in) om graan vinnig en effektief te bemark.
Verskillende grade en kwaliteit kan afsonderlik opgeberg word.
Die benutting van akkurate toerusting deur gekwalifiseerde
personeel.
Graan word met ontvangs berook.
Fasiliteite waar graan skoongemaak en gedroog word.
Graan kan versak word indien daar ‘n behoefte daaraan is.
Effektiewe protokol by die aparte opberging van nie-GMO-graan
en nismarkprodukte.
Voorraadbeheer.
Voorraadinligting kan via die internet verkry word.
Konsolidasies van voorrade by strategiese bedryfspunte kan
gedoen word – waar omstandighede dit toelaat.
Geleenthede vir voorraadruilings kan strategies benut word.
Verkryging van landboukommoditeite namens derde partye en
eindverbruikers.
Vaste prys-kontrakte.
Minimum/maksimumprys-kontrakte.
Uitgestelde prys-kontrakte.
Tydens lewering-kontrakte
Dit is kontrakte wat beskikbaar is tydens stroop. Die voordele van
hierdie tipe kontrakte is:
Die oesgrootte is aan die produsent bekend. Die risiko van
wanprestasie word daarom grootliks uitgeskakel.
Risiko gekoppel aan
force majeure
is minimaal.
Tydens lewering word die totale bedrag graan waarvoor
gekontrakteer is, as ‘n eenmalige bedrag aan die produsent
oorbetaal. Indien ‘n rentefaktor hieraan gekoppel word, kan dit
voordelig wees om ‘n gedeelte van ‘n oes só te bemark.
Deurvoertarief tydens strooptyd
Daar sal weer vanjaar ‘n deurvoertarief vir mielies by verskeie
bedryfspunte beskikbaar wees vir kliënte wat ‘n behoefte daaraan
het om hul mielies tydens strooptyd aan afnemers te voorsien.
Kliënte wat in hierdie diens belangstel, moet voor die aanvang
van die strooptyd met ons in verbinding tree sodat die nodige
administratiewe reëlings getref kan word.
Die produsent en sy opbergvennoot
in die waardeketting
Frik Steynberg,
operasionele direkteur, Afgri Graanbestuur
Afgri Graanbestuur se Ogies-silo.