

Junie 2018
18
John Deere Financial:
Maak jou Oesdagdroom ‘n realiteit
D
ie koste van en toegang tot krediet is ‘n bron van kommer in menige moderne landboubesighede. John Deere Financial wil
produsente help om hierdie hekkie te oorkom en ondersteun daarom sy kliënte met vinnige en eenvoudige kredietprosesse vir
die finansiering van nuwe John Deere toerusting. Tydens die NAMPO Oesdag het John Deere Financial produsente by die John Deere
standplaas bygestaan en vrae oor leningstydperke en terugbetalingstrukture beantwoord. John Deere Financial: Pasgemaakte oplossings
vir produsente.
Promosie-artikel
Estie de Villiers,
redakteur,
SA Graan/Grain
1: Al die pad van Namibië: Voor: Jovan Blaauw, Jurgens van Lill en Giselle Blaauw. Agter: Jurgens van
Lill (sr), Johan Blaauw en klein Dihan Blaauw by die John Deere L341 vierkantige baler. Die 2,5 m premium
mega-wye ophaker lewer ‘n bydrae om wyer windrye te baal en beter bale te vorm. Dit beskik oor baler
bystand om blokkasies in die baler met hidrouliese krag te verwyder. Verder het die baler ook ‘n vogin-
houdsmeter wat akkurate baalvogtoestande weergee en ‘n weegskaal om die baal te weeg voordat dit
afgelaai word.
2: Die John Deere R115-sleepspuit het ook tydens die Oesdag besondere aandag getrek. Die tweekanaal-
kontrolestelsel met elektriese drukbeheer en verstelbare windspoedfunksie plaas die druppel dáár waar
jy dit nodig het. Die sleepspuit is in tien verskillende opsies beskikbaar – van M vir wingerde tot R vir
sitrusboorde.
3: Hardus en Henco Pieterse (Groblersdal) het meer kom uitvind oor die John Deere 5090 EN-trekker met
12F/12R PowrReverser™ en nat koppelaar. Dit het ‘n elektriese, hidrouliese PowrReverser en kragaftakker
(PTO) met gemoduleerde inskakeling.
4: “Eendag as ek groot is...” Klein SJ Niemann droom daarvan om eendag só ‘n John Deere S780-stroper te besit. Pa Kobus (links)
en David Beyleveld (almal van Vryburg) het na die nuwe John Deere S780-stroper kom kyk. Die Combine Advisor™-pakket met
ActiveVision™-kameras maak gedurende strooptyd verstellings en verseker dat die graan skoon is. Verder doen ActiveYield™
outomatiese kalibrasies om sodoende die akkuraatste inligting te hê en ook só te verseker dat jy weet hoeveel t/ha gestroop word.
5: RJ en Natasja Swanepoel (Ellisras) het saam met Tharien en Johan Retief (Klerksdorp) die Oesdag besoek en ‘n draai by die
John Deere uitstalruimte gemaak. Hier bewonder hulle die John Deere 9570RX-trekker. Met ‘n enjinkrag van 419 kW sorg dit vir daar-
die ekstra krag wat jy benodig en die e18™ PowerShift-transmissie saam met drie verskillende rusperband-opsies verseker dat die krag
op die grond geplaas word.
6: 100 jaar gelede, op 14 Maart 1918, het Deere en Company ‘n tjek van $2,5 miljoen uitgeskryf, wat vir altyd die toekoms van die maat-
skappy verander het. Die verkryging van die Waterloo Gasoline Engine Company, in Waterloo, Iowa, het John Deere se permanente
toetrede tot die enjin- en trekkermark verseker. Attie van Wyk en René Steyn (albei van Kroonstad) bekyk die Waterloo Boy-trekker
(gebou in 1924) van die Sandstone Heritage Trust van nader.
1
2
3
4
5
6