

Die Engen-span: Willie Coetzer (Bothaville), Vernon O’Reilly
(Johannesburg), Hannes Coetzer (Bloemfontein) en Erhardt Kruger
(Nelspruit) – oorgehaal om Oesdagbesoekers met raad en
daad by te staan. Klante wat ‘n 210 liter-drom of gelykstaande
hoeveelheid Engen smeermiddels aangekoop het, het ‘n gratis
Engen baadjie ter waarde van R900 ontvang.
Nolene Jansen van Rensburg en Jumané Blom (albei studente aan
NWU), links en regs onderskeidelik, het die Spin en Wen-kompetisie
by Standard Bank se stalletjie behartig. By hulle is Willem du Plessis
(Bethal) en Riaan Jacobs (Ermelo) wat ook hul geluk met die spinwiel
beproef het. Pryse soos fliekkaartjies, oorfone en geskenkbewyse
kon gewen word.
Darius Blomerus (Bloemfontein), regs, verduidelik aan ‘n voor
nemende klant, Hardie Brand van Vanderbijlpark, die voordele van
Hi-Tec-sportskoene, terwyl Mickey Mallett (Hi-Tec Sports),
toekyk. Hi-Tec, ‘n leier in buiteleweskoene en -klere, lewer al vir
meer as 40 jaar kwaliteit en vakmanskap in hul produkte.
Whitey van Pletsen (Agricol, Potchefstroom), regs, en Thinus
Greyling (Marquard) met ‘n reuse Japannese radys uit Agricol se
saadplot. Thinus het sowat 40 ha van hierdie radys op sy plaas
aangeplant. Whitey vertel dat dié gewas stikstof en kalsium uit
die grond absorbeer en terselfdertyd baie min water benodig.
Rejoice Ntsienyane (Zeerust) en Tefo Sefudi (Klerksdorp), middel, is
twee kleinskaalse landbouers wat by Jooste Suier- en Pompmaat-
skappy kom kers opsteek het. By hulle is Fanus le Roux en Shaun
Costigan (albei van die Strand). Jooste was verlede jaar 50 jaar oud.
Gebruik Jooste produkte vir al jou windpompbenodighede – van
stangstutte, forskoppe tot pypbeskermers en vlotterkleppe.
By Santam se stalletjie het Oesdaggangers gehoor dat hierdie
maatskappy glo dat versekering ‘n belegging in die toekoms is en
dat dit volhoubare landbou verseker. Hier is Niel Esterhuyse en
Hanlie Kroese van Santam by Hardy van Graan, links, en
Japie du Plooy, tweede van regs – albei van Harrismith.
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Stewige NAMPO-bywoning
Uitstallers
13
June 2018