

21
June 2018
Nissan SA het NAMPO as platform gebruik om die nuwe All-new
Micra 900 CC turbo, wat in Junie bekend gestel word, aan die publiek
te vertoon. Volgens Ampie Badenhorst (Nissan SA), regs, het die mo-
tor volop krag in ‘n kompakte vorm: 66 kW teen 140 Nm wringkrag.
Hy het aan Albie Jacobs (Kroonstad) verduidelik dat die motor die
voorloper in Nissan se nuwe ontwerpstyl en tegnologie is.
Willie Auret, Aty Burger en Fanie van der Merwe (almal van Corteva
Agriscience) het reggestaan om NAMPO-besoekers meer oor
plaagbestuur te vertel – veral Uphold 36 SC – een van die vlagskip,
markleier-produkte wat tans vir die beheer van herfskomman-
dowurm beskikbaar is. Dit het ‘n vinnige uitklop-aksie en na-
residuele werking.
Nog ‘n eerste by die Oesdag was die nuwe Mercedes-Benz X-klas
250d 4matic-bakkie. Erik en Anneline Nel (voor) het saam met
Janneman (jr en sr) Botha (agter) – van Clocolan – die topmodel van
dié bakkiereeks kom bekyk. Dit het 140 kW teen 450 Nm wringkrag,
‘n 2,3 liter-enjin en die brandstofverbruik is 8,9 liter/100 km.
André Grobler van McBean’s, met takke in Pietermaritzburg,
Johannesburg en Kaapstad, wys hul Duitse Koshin-hoëdrukpomp.
Dit is dieselenjin-aangedrewe, sterk en lig, maar steeds hoogs
doeltreffend. Dit kan vir byvoorbeeld besproeiing of brandbestryding
gebruik word. Davey/Honda, Sinopower en Normac/Honda is die
ander handelsmerke in McBean’s se reeks enjin-aangedrewe pompe.
Al ooit ‘n knopaalwurm onder ‘n mikroskoop gesien? Hier wys Paul
Groenewald (Monsanto) aan Willem van Zyl hoe dié kalant lyk.
Monsanto se saadbehandelingspakket, Acceleron, lewer ‘n bydrae
om die prestasiepotensiaal van die saad wat geplant word, van
meet af aan te vergroot. Deur jou saad vroeg in die seisoen teen ‘n
verskeidenheid van grond- en saadgedraagde siektes te beskerm,
optimaliseer Acceleron vroeg in die seisoen reeds plantestand, een-
vormigheid en groeikragtigheid.
Toyota het ‘n nuwe model tot sy Prado-reeks toegevoeg. Dié VX-L,
met talle verbeterings, het net soveel belangstelling soos die ver-
troude Hilux-bakkie, wat Sam van der Merwe hier vertoon, geniet.