

Junie 2018
24
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Patrick Roux (Afgri Equipment), links, en Chris Venter (Afgri). Chris,
wat aan die
Nasie in Gesprek
-reeks deelgeneem het, het op die
noodsaaklikheid van grond-eiendomsreg gewys en dat ‘n reëling
soos ‘n 99-jaar-huurpag vanaf ‘n regering nie voldoende is om beleg-
ging in boerdery en uitbreiding na die res van Afrika behoorlik te
verseker nie.
Kia se splinternuwe Sorento-sportnutsvoertuig (SNV) was een van
die gewildste voertuie in dié maatskappy se NAMPO-uitstalling. Die
Sorento, wat amper tien jaar gelede vir die eerste keer bekend ge
stel is, is aansienlik vernuwe. Die sewe-sitplekmodel het allerhande
luukshede, soos Flex Steer, verhitte en ventilasie-sitplekke voor en
‘n 50/50-verdeling in die derde ry sitplekke. Dit word deur ‘n 2,2 liter-
turbodieselenjin aangedryf. By die nuwe Sorento is Trudie Stanford
en Stuart Peverett.
Omnia is al oor geslagte heen deel van NAMPO. Hier is van die per-
soneel wat besoekers wat vrae oor bemesting gehad het, bygestaan
het. Agter: Fouché Langenhoven, Petrus van der Merwe, Hantie
Jansen van Vuuren en Candice McGladdery. Voor: Xoliswa Taunyane
en Czarine Bosman.
Die Suid-Afrikaanse Barloworld en Duitse BayWa het vanjaar weer
saam op die Oesdag uitgestal nadat hulle verlede jaar in Suid-Afrika
kragte saamgesnoer het en deesdae as BHBW handel dryf. Godfried
Heydenrych (links) is BHBW se uitvoerende hoof en Johan Joubert is
hoofbestuurder van Massey Ferguson by BHBW. Veral prominent in
hul uitstalling was Massey se Global-reeks, wat die MF 6700-,
MF 5700- en MF 4700-modelle insluit.
Die Old Mutual Insure-span soos gebruiklik op hul pos op die Oes
dagterrein. Dié versekeringsmaatskappy het onlangs sy handelsnaam
van Mutual & Federal na Old Mutual Insure verander, maar is steeds
die korttermyn-versekeringspesialiste in die Old Mutual-groep.
Agter: ‘n Besoeker, Bennie van Zyl (hoofbestuurder van TLU SA)
saam met die personeel van Old Mutual Insure. Mariaan Steyn,
adv Koos Nel (hoof van Old Mutual se landboumark-afdeling),
Liza de Beer en Randall Sassman. Voor: Angelique Smith en
Ronel de Jager.
Werner Nuss en Eloïse Taylor (regs) by Stihl se uitstalling. Dié Duitse
familie-onderneming, wat in 1926 gestig is, strek vandag oor
160 lande met sowat 45 000 handelaars en verskeie agente in Suid-
Afrika. Dit is sedert die middel sewentigerjare die wêreld se grootste
kettingsaag-verkoper, maar vervaardig ook verskeie ander werktuie,
soos dié.
Stewige NAMPO-bywoning