

Terugblik
Graan SA/Grain SA
Laetitia du Preez (Logistic Business Partners) en haar kliënt, Johan
Human (JC Implemente), het die Range Rover Velar (2 liter-petrol
R Dynamic HSE) van nader gaan bekyk. Van die spesifikasies wat ‘n
groot trekpleister van die spogvoertuig is, is die Incontrol Touch Pro,
Wi-Fi-kuberkol (
hotspot
), masseringsitplekke, asook sitplekke wat
kan verhit en verkoel. By hulle staan Charles Kuhn (middel) van
Daly Jaguar en Land Rover.
Hollard was vanjaar vir die eerste keer by NAMPO te sien. Sanet
Schutte, Jana Nel, Grant Carstensen en Andries Wiese was deel van
die span wat produsente ingelig het oor hul wye verskeidenheid agri-
versekeringsprodukte. Van dié produkte sluit in bateversekering,
aanspreeklikheid vir veldbrande (dekking vir vee wat afdwaal, asook
brandbestrydingsversekering), lewens-, vloot-, en transitoverseke
ring, asook versekering vir spilpunte en presisieboerderytoerusting.
Willem Engelbrecht (wat vroeër vanjaar afgetree het as bestuurder
vir agronomiese gewasse by Klein Karoo Saad Bemarking) het André
Aguirre (‘n konsultant vir produsente in sentraal-Brasilië) op ‘n
NAMPO-toer, wat deel gevorm het van André se toer na Suid-Afrika,
vergesel.
Nick Pieters (Potchefstroom), tweede van links, het vir sy seun meer
inligting kom inwin oor Fidelity se kontantaanvaardingtoerusting.
Fidelity bied van ‘n totale geïntegreerde sekuriteitsdiens van hul
gespesialiseerde wildlewe-afdeling, tot vuurwapenopleiding en die
gewilde SecureHome®- en SecureConnect®-veiligheidstelsel. By
Nick is Eugene Reineke, Wayne Steyn, Carl van der Merwe en
Ruth Brouwer, almal werksaam by Fidelity.
Ashley Whitfield (Kelly Tillage System), tweede van regs, het met
Wesley Dwyer, James Lesley en Abri van Zyl (almal van Harrismith)
gesels oor die indrukwekkende stoppelbestuursimplement. Een van
die groot voordele van die 14 m-implement is dat daar tussen 220 ha
en 250 ha per 24 uur bewerk kan word.
André
Tjoopie
Groenewald, regs, van Farmboek, is besig om ‘n on-
derhoud met Frikkie Hefer van Bednar Africa te voer. Die Swifterdisc
XO 8000 F is ‘n skoffelploeg wat geskik is vir trekkers met 120 tot
340 perdekrag. Hierdie spesifieke reeks het 60 skywe, kan tussen
2 cm tot 12 cm diep bewerk (afhangende van die grondtoestand)
en het ‘n werkwydte van 7,5 m.
19
June 2018
Stewige NAMPO-bywoning