

Raphael Karuaihe, (JSE) luister na Axel Garrisse, ‘n alternatiewe
voer-deskundige van Frankryk. Garrisse het met Bruwer Swanepoel
(Hochfeld in Namibië) oor rantsoene vir voerkrale gesels en
Louis Scheepers (Thabazimbi) het meer kom uitvind oor die JSE
se lewendehawetoekomsprysingskontrakte.
Pieter van Loggerenberg (Sparex) – in die middel – het vir Gerrit
Nieuwoudt en Koos du Randt (produsente van Koopmansfontein)
gewys waarom Sparex se Agriwipes so gewild is. Die handige lap-
pies kry vuil hande in ‘n japtrap skoon en kan gom, silikoon en olie
maklik verwyder.
Deon Kruger (Viljoenskroon) wou meer inligting oor SKF se
Agri Hub-reeks by Charl Engelbrecht (SKF) kry. Hierdie laereenhede
(
agri hub units
) word gesmeer en verseël en benodig daarom geen
onderhoud nie.
NWK se stalletjie was ‘n miernes van bedrywighede en amper
400 van hierdie Cookout draagbare braaiers is tydens die Oesdag
verkoop. Brian Capes (Heidelberg) was net betyds om laaste braaier
te koop. By hom staan sy seun, Eddie (Welkom) en Francois Human
(NWK Retail).
Koos van Niekerk (‘n produsent van Heilbron) het by Dewald Pelser
(Topcon) kom uitvind hoe Topcon Precision Agriculture se toegank
like tegnologie sy boerdery meer effektief en winsgewend kan laat
funksioneer.
BASF se nuwe produk, Eragon, ‘n voorplant-skoonmaak-onkruid-
doder, is tydens die Oesdag bemark. Alex Watt (BASF), Fanie
Weldhagen (Pretoria), Frans Kruger (BASF) en Eugene Blume (BASF)
het dié middel, wat hergroei verminder om eenvormigheid en oes-
baarheid van gewasse te verbeter, bespreek.
17
June 2018