

14
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Rick Stutterheim (Underberg) en Murray Parritt (Swartberg) is twee
produsente wat ‘n draai by Lemken se uitstalling by die Oesdag
gemaak het. By hulle is Karel Munnik (Lemken) en Sian Humphries
(Marble Hall). Hulle staan by een van Lemken se spogimplemente,
die Solitair 12-lugdruksaadboor.
John Deere se Freddy Rupping (middel) saam met Jackson en
Dewald Fick van Bergville by die reuse-agtwiel 8-370R-trekker wat
met ‘n onafhanklike ISL-suspensie spog. Die Ficks gaan in Augustus
as deel van ‘n groep Suid-Afrikaanse produsente die John Deere-
fabriek in Waterloo, Iowa, besoek.
Rula Agri se Tiaan van Loggerenberg (Johannesburg) wys aan
Wiekus de Bruyn (Standerton) die werking van die Fert Trail 7000.
Hierdie nuwe kommoditeitswa spog met ‘n inhoudsmaat van
7 000 liter en vergemaklik werk op die plaas aansienlik.
Kynoch se nuwe Precise-tegnologie, waar satellietbeelde van
landerye potensiële probleme kan uitwys, het besondere
belangstelling geniet. Hier verduidelik JB Joubert (Kroonstad), links
en Cois Fourie (Bethlehem), regs, van Kynoch aan Richard Scholtz en
William Stokes (albei van Volksrust) die voordele van dié tegnologie.
Husqvarna se R214TC Rider speel maklik klaar met enige groot
grasperk en spog met BioClip®-snyvermoë. Hier is Husqvarna se
Gerhard de Bruin, regs, besig om die voordele van die grassnyer
aan Jan du Plooy en Herman Viviers (albei van Ventersburg)
te toon.
Agrico-ingenieur Paul Burger van Lichtenburg (links) vertel
aan BJ Moolman (Ermelo), Edwin Golt en Joe Filler (albei van
Piet Retief) hoe die moderne Agrico HSD 630 hoëspoed-skotteleg
werk. Die skotteleg het ‘n robuuste, gesweisde raam wat stabiliteit
en betroubaarheid verseker.
Stewige NAMPO-bywoning
Junie 2018