

16
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Die 3 m³-bak van die LiuGong 856H is groot genoeg dat Tristan
Mackenzie, Micky Hayter (albei van Ixopo in KwaZulu-Natal) en
LiuGong se Anke Burger, middel, met gemak daarin kan staan.
Die 856H spog met ‘n Cummins 6 liter TAA9.3-enjin.
Syngenta se EenKan-onkruiddoder is ‘n nuwe konsep wat by
NAMPO Oesdag 2018 bekend gestel is. Syngenta se Andreas Boon,
links, gesels met Jaco Haasbroek (Agro Centre, Delmas) oor die
voordele van dié konsep. Een van die groot voordele van die EenKan-
formules is dat dit afmeting vereenvoudig en gevolglik afmetings-
foute uitskakel.
Bearings International het tydens NAMPO hul nuutste ontwerp, ‘n
geseëlde middelpuntlaer-eenheid (
sealed hub unit
) as deel van hul
volledige Agri-Smart landbouprodukreeks bekend gestel. Burtie
Robberts en Gerhard Pienaar – albei van Bearings International – is
veral trots op die geseëlde eenheid wat stofindringing voorkom.
TerraTill Implemente se Horsch Terrano 6 MT is ‘n kombinasie-imple-
ment wat plantmateriaal sny en grond tot op 400 mm losmaak. Hier
is TerraTill se Henry van Vuuren (links) by Pieter Maree (Sizwe
Finansiering), Willem Stoltz, Danie le Roux, PG van Zyl en klein
Gideon van Zyl (PGL Boerdery, Schweizer-Reneke) by die implement.
Die media is op Dinsdag, 15 Mei, tydens New Holland se perskonfe
rensie ingelig oor waarmee dié maatskappy hul sedert Junie verlede
jaar besig gehou het en wat hul planne vir die pad vorentoe is. Op die
foto is die New Holland span by een van die nuwe CR6.80-stropers
– een van die nuwe masjiene uit hul stal. Van links is Federico
Bellotto, Erdem Safak, Nico Dreyer, John David en Ockert Scheepers.
Een van Peritum Agri Institute se direkteure, Ernest Beck (regs) vertel
vir Koos Nel (Pretoria) meer oor dié instituut wat die toekoms van
volhoubare landbou deur middel van toekomsgereedheidsvaardig-
heidsopleiding ontwikkel.
Stewige NAMPO-bywoning
Junie 2018