

Junie 2018
12
Pannar staan reg om
gewasproduksie te optimaliseer
P
annar vier vanjaar hul 60ste bestaansjaar
– en ‘n vennootskap van ‘n ongelooflike
44 jaar met die NAMPO Oesdag. Dit spreek
boekdele van hierdie boerderyfamilie en
hoe NAMPO en Pannar saam deur die jare
tot reuse in eie reg gegroei het.
NAMPO bly ‘n belangrike landbouge
beurtenis, waar plaaslike sowel as inter
nasionale gaste en produsente idees
kan uitruil en die jongste tegnologie kan
aanskou of om sommer net gesellig te
verkeer. Dié multigewasspesialiste het soos
altyd reggestaan om vrae te beantwoord en
oplossings te bespreek.
Promosie-artikel
1: John Odendaal (nasionale bemarkingsbestuurder, Pannar), Sean Stiles (bestuurder: Rygewasse, BASF) en Nick Goble (besigheids-
bestuurder, Pannar).
2: ‘n Tipiese NAMPO-foto. Produsente van Soedan gesels met David Lambie (internasionale navrae, Pannar).
3: Pa en seun Errol Kirby (sr en jr) (Sasolburg) gesels met Martin Maartens (verteenwoordiger, Pannar). Hulle gesels oor verskeie mielie- en
sojaboonkultivars, waaronder die nuwe PAN 1521 sojaboonkultivar van Pannar.
4: Ian Cumming (produsent van noordelike Botswana), David Lambie, Callie Viljoen en Ryan Neal (albei van Botswana). Pannar se befaamde
PAN 8944-sorghumkultivar vir hierdie area is hul voorkeur.
5: Gustav Smook (Aliwal-Noord), Klaas van Wyk (landboukundige: Noord-Kaap, Pannar) en Fanie Bekker (Aliwal-Noord). Hulle plant onder
andere witmielies, sonneblom en koring.
6: Simon Maleka, Alpheus Mosiane (albei van Mogwase, Noordwes Provinsie) en Tumisang Matsietsa (Mabaalstad, Noordwes) oorweeg
Pannar se witmieliebasters vir produksie.
7: Robbie Prehn (verteenwoordiger, Pannar), Kobus de Jager en Marinus de Jager (Settlers, Springbokvlakte) staan by PAN 7160CLP. Hierdie
medium/laat-baster bevat die Clearfield Plus-geen vir selfs beter onkruidbeheer en is gebaseer op die PAN 7100-genetika.
Jurgen van Onselen,
Kolbe Media
1
2
5
6
7
3
4