Previous Page  44 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 44 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Werktuie & toerusting

Spandeer

tyd;

maak

trekkersomme

Augustus 2018

42

In

Tabel 3

op bladsy 41 word die koste as­

ook die werkstempo van 70 kW - 80 kW

vierwieldryf trekkers getoon terwyl

Tabel 4

die koste en werkstempo van 250 kW trek­

kers weergee.

Tabel 3 is opgestel deur gebruik te maak

van die

Guide to machinery costs

en ander

meganisasiegidse en is aangepas na 2018

gemiddelde nuwe pryse. In Tabel 3 word

aangetoon dat ‘n 77 kW trekker 14,91 liter

diesel gebruik om ‘n hektaar te ploeg

en ‘n trekker 1,07 uur benodig om 1 ha te

ploeg. Dieselfde 77 kW trekker behoort

5,15 liter diesel te gebruik om 1 ha met ‘n

6-ry geenbewerkingsplanter te plant en só

‘n kombinasie behoort ongeveer 27 ha in

tien ure te kan plant. Die totale koste om ‘n

hektaar te dis behoort R259,84 te beloop.

Wat egter nie uit die oog verloor moet

word nie, is dat die meeste produsente

dink hulle trekkers werk tien ure per dag,

maar gaan die uurmeters na – dan is daar

groot afwykings. In die meeste van die

gevalle is die werkstyd heelwat minder.

Die arbeiders mag dalk tien ure by die

werk wees, maar net die tyd wat die trekker

staan terwyl die trekkerbestuurder eet en

sy draaie loop asook ander staantyd maak

dat die trekker minder ure opsit. Maak die

trekker vol met diesel en nog ‘n halfuur is

weg. En so kan jy aan gaan.

Tabel 4 is ook opgestel deur gebruik te

maak van die

Guide to machinery costs

asook ander meganisasiegidse wat met

gemiddelde nuwe trekker- en implement­

pryse aangepas is.

Uit hierdie inligting is dit vir ‘n 240 kW trek­

ker moontlik om 23 ha in tien ure te ploeg

en 42 ha per tien ure te beitel.

Gegewe hierdie inligting en die begrip

dat die lande binne 15 dae geploeg moet

wees en daar is 1 000 ha om te werk, sal

66 ha/dag geploeg moet word. As aanvaar

word dat die trekker tien ure per dag kan

werk, sal daar drie maal 240 kW trekkers

benodig word om die werk betyds

afgehandel tekry. Ten einde dieselfde

plaas met 70 kW - 80 kW trekkers te ploeg,

sal daar om en by sewe trekkers beno-

dig word.

Maak jou eie somme; dit is die enigste

manier om jou koste te bepaal, maar onthou

dat jou keuse finansiële gevolge gaan hê.

Te veel trekkers is net so negatief as te

min trekkers. Doen moeite om die regte

kombinasie en hoeveelheid trekkers te kies

en maak seker dat dit ‘n werkbare opsie is.

Vir navrae oor die artikel, kontak die outeur

by 082 759 2991.

TREKKERKOSTE/UUR VIR

‘n

250 KW TREKKER WAT R4 703 300 KOS

AKSIE

PLOEG RIP ALGEHEEL

BEITEL

DIS/EEN-

RIGTING

WYDWERK-

SKOFFEL

Totale trekker vaste koste/uur

656,70

656,70

656,70

656,70

656,70

Herstel- en onderhoudkoste/uur

470,33

470,33

470,33

470,33

470,33

Brandstofkoste/uur @ R14,5/liter

652,50

652,50

652,50

652,50

652,50

Totale veranderlike koste/uur

1 122,83

1 122,83

1 122,83

1 122,83

1 122,83

Totale trekkerkoste/uur

1 779,53

1 779,53

1 779,53

1 779,53

1 779,53

IMPLEMENT KOSTE/UUR

IMPLEMENT GEBRUIK

8-SKAAR

4 M

13-TAND

5,2 M

23-TAND 7,3 m

64-SKOTTELS

8,6 M

83-TANDE 12 M

Totale implement vaste koste/uur

203,33

186,38

470,28

522,10

697,89

Totale implement veranderlike koste/uur

145,95

48,65

153,44

204,41

273,24

Totale implement koste/uur

349,28

235,03

623,72

726,51

971,12

TOTALE AKSIE KOSTE/UUR

2 128,81

2 014,56

2 403,25

2 506,04

2 750,65

WERKTEMPO

Hektaar bewerk/dag (10 uur)

23,24

30,21

42,41

57,10

79,68

TOTALE AKSIE KOSTE/HA

916,01

666,80

566,63

438,85

345,21

Liter diesel/ha

19,36

14,89

10,61

7,88

5,65

Rand herstel/ha

265,18

171,78

147,07

118,16

93,32

Tabel 4: Die koste van 250 kW vierwiel aangedrewe trekker met verskillende implemente.

Graan SA/Sasol fotokompetisie