Previous Page  42 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 42 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

40

Spandeer

tyd;

maak

trekkersomme

en

spaar

A

s ‘n gewas ná die optimale plant­

datum geplant word, sal die

verwagte opbrengs laer wees. Ge­

woonlik beteken dit dat die gewas

nie optimaal sal roduseer nie en daarom

sal die opbrengs oorwegend laer wees.

Om betyds te kon plant beteken dat al

die bewerkingsaksies tydig uitgevoer

moes word. Ten einde die bewerkings

tydig gedoen te kry, moet ‘n produsent

oor genoeg trekkers en toerusting beskik

om die werk af te handel. As die lengte

van die bewerkingsvenster bekend is, kan

die produsent bepaal hoeveel trekkers van

watter grootte nodig sal wees om die werk

tydig gedoen te kry.

Watter planter is die

beste om te koop?

Gegewe die beperkende plantvenster,

wil heelwat produsente weet of hulle hul

huidige vloot planters moet verkoop en

eerder moet oorskakel na een of twee groot

planters.

Die beginsel in hierdie berekening is om

die verskillende planters se kapitale uitleg

(vir die planter en sy trekker) asook die

hoeveelheid planters wat met dieselfde

geld gekoop kan word, te vergelyk met

die hoeveelheid hektare wat geplant kan

word. Met die ontleding van hierdie vraag,

het ‘n paar ander interessante feite na

vore gekom.

Die eerste aspek gaan oor die koste per

kilowatt van die verskillende trekkers.

In

Grafiek 1

word die koste van die trek-

kers (tweewieldryf, vierwieldryf, vierwiel­

dryf met ‘n kappie en trekkers wat met

rusperbande toegerus is) vergelyk.

Hierdie grafiek is saamgestel uit prysinlig­

ting van 103 verskillende modelle van die

meeste groot trekkervervaardigers. Uit

hierdie grafiek is dit duidelik dat die kleiner

trekkers per kilowatt die goedkoopste is

en soos die trekkers se kilowatts toeneem,

die koste ook styg. Die vraag is: Hoekom

neem dit toe? Die meerderheid groot trek­

kers is mos reeds toegerus met alles wat

oop- en toemaak?

In

Tabel 1

word die inligting wat gebruik is

om die koste van verskillende planters met

mekaar te vergelyk, aangetoon.

Uit die inligting in Tabel 1 is dit duidelik dat

die grootste planter (die 12-ry 0,9 m) se

koste per ry die hoogste is. Dit is die gevolg

van die hoër koste per kW asook ‘n hoër

koste per ry vir die planter.

In

Tabel 2

word die inligting verder ont­

leed. Daar word verwys na die hoeveelheid

planters wat met dieselfde hoeveelheid

geld gekoop kan word asook die hektare wat

per dag per planter en in totaal geplant kan

word.

Hierdie inligting toon dat die grootste

planter nie noodwendig die meeste hektare

per dag kan kafdraf nie. Dit is dus nie die

beste manier om beperkende kapitaal

aan te wend nie. Daar kan verseker ander

aspekte in aanmerking geneem word om

te regverdig om ‘n groot planter te bekom,

maar finansieel is dit nie die beste plan nie.

Indien die 12-ry planter teen 13,5 km/h ge­

sleep kan word, behoort dieselfde hoe­

veelheid hektare geplant te kan word.

Dit beteken dat die planter 35% vinniger

gesleep moet kan word. Maak dus seker

voordat jy besluit om hierdie groot planters

aan te skaf.

Ander trekkerkoste

Om trekkers en toerusting te besit, het

ook sy eie uitdagings, waarvan arbeid,

waardevermindering en herstelwerk maar

Fokus

Werktuie & toerusting

Pietman Botha,

SA Graan/Grain

redaksiespan

Grafiek 1: Koste per kilowatt van verskillende trekkers.

GETAL

BESKRYWING

KAPITALE UITLEG VIR KOMBINASIE

KOSTE/RY

1

66 kW trekker plus 4-ry 0,9 m planter

R1 185 000

R296 250

1

77 kW trekker plus 6-ry 0,9 m planter

R1 877 384

R312 897

1

103 kW trekker plus 8-ry 0,9 m planter

R2 427 000

R303 375

1

173 kW trekker plus 12-ry 0,9 m planter

R4 835 000

R402 916

Tabel 1: Die koste per kombinasie om ‘n 4-, 6-, 8- en 12-ry planter te koop.