Previous Page  41 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 41 / 108 Next Page
Page Background

D

ie stewige markaandeel van Massey Ferguson se hoë­

spesifikasietrekkers bo 120 kW doen hul reputasie vir

produktiwiteit en brandstofdoeltreffendheid gestand. Die

aanbod is nou verder versterk om nog beter aan plaaslike

behoeftes te voldoen.

BHBW Suid-Afrika (voorheen Barloworld Agriculture) en Massey

Ferguson maak goeie vordering om waarde toe te voeg in die

hoëspesifikasie-trekkersegment bo 120 kW, ten opsigte van beide

die produk en die integrering van presisieboerderytegnologie.

BHBW bedien produsente tans met twee trekkerreekse in dié

segment: Die nuwe MF 7700-reeks met drie modelle van 136 kW,

162 kW en 177 kW, en die MF 8700-reeks met drie modelle van

188 kW, 224 kW en 262 kW (aangeslane krag aangedui). Die trek-

kers word in Beauvais, Frankryk, vervaardig.

‘n Onlangse toevoeging is die MF 8727 van 188 kW, wat aan

produsente ‘n veeldoelige swaarraam-rygewastrekker onder 200

kW bied. Soos die groter modelle in die MF 8700-reeks, beskik

dit oor ‘n AGCO Power 8.4 CTA-enjin, hoë CYCLAIR-verkoelingska­

pasiteit en Dyna-VT-transmissie, wat doeltreffende werkverrig-

ting bevorder.

Die transmissie bied deurlopende spoedvariasie, terwyl die trek­

kerbestuurstelsel, Dynamic Tractor Management (DTM), outomaties

die enjinspoed en transmissie aanpas vir maksimum kraglewering

en brandstofekonomie in strawwe toepassings.

Met ‘n hysvermoë van 12 ton op die driepunt en ‘n hidrouliese

kapasiteit van 205 liter/min word stabiele vloei vir die beheer van

implemente gelewer.

Dit is ‘n meerdoelige trekker wat regdeur die jaar winsgewend

aangewend kan word – vir onder meer grondvoorbereiding, die

sleep van breedwerkplanters, skoffelwerk in die ry, topbemesting

en vervoer.

Wat tegnologie vir presisieboerdery betref, word die MF 8700-reeks

nou standaard toegerus met Massey Ferguson se nuwe AgControl-

stelsel, wat optimale integrasie met Isobus-versoenbare werktuie

verseker. Die AgControl-stelsel is ten volle geïntegreer met die

trekker se presisiestuurstelsel en word vanuit die kajuit met ‘n

operateur-vingerpunt beheer.

Dit maak onder meer die varieerbare toediening van tot vyf pro­

dukte en beheer van tot 250 afdelings moontlik. Saad, kunsmis en

plaagdoders word presies en sonder oorvleueling toegedien, wat

die insetkoste verlaag en oesopbrengste verhoog.

Plaaslike produsente wat Massey Ferguson se hoëtegnologietrek­

kers gebruik, sonder die trekkers se produktiwiteit en brandstofver­

bruik uit, asook die gerieflike hantering van gevorderde funksies.

Dit is duursame, betroubare trekkers wat maksimum werktyd in

belangrike tye verseker.

BHBW streef daarna om die koste van eienaarskap so laag as

moontlik te hou. Die MF 8700-reeks is mededingend geprys, veral

as ‘n mens in ag neem wat jy vir die prys kry. Tesame met optimale

werktyd en loopkoste, sorg dit vir ‘n uitstekende opbrengs op jou

belegging.

Die nuwe MF 7700-reeks van 136 kW tot 177 kW is ‘n opgradering

van die hoërkilowatt-modelle in die beproefde MF 7600-reeks. Die

drie modelle in die reeks is toegerus met AGCO Power-enjins en

Dyna 6-transmissies, met 24 vorentoe- en truratte wat sonder ‘n

koppelaar gewissel kan word. Die trekkers het ‘n hysvermoë van

9,3 ton tot 9,95 ton. Soos die MF 8700-reeks, is dit ontwerp vir

maksimum kraglewering en wringkrag en ook brandstofekonomie.

Die BHBW-span leef na aan die grond en sy klante, wat hom in

staat stel om sy reeks voortdurend aan te pas en uit te brei om

op meer behoeftes te fokus. Daarby gee produsente uitstekende

terugvoer oor die gehalte van rugsteuning deur BHBW en sy

handelaarsnetwerk.

Groot fokus word deurentyd geplaas op tegniese ondersteuning

en onderdeleversiening. Ons doelwit is om omvattende oplossings

en die nuutste tegnologie beskikbaar te stel sodat produsente meer

produktief, winsgewend en volhoubaar kan boer.

39

August 2018

Groter verskeidenheid

trekkers bo 120 kW

Produkinligting

Johan Joubert,

BHBW Suid-Afrika

Massey Ferguson se hoëspesifikasie-trekkerreeks is aangevul met die

MF 8727 van 188 kW, wat aan produsente ‘n veeldoelige swaarraam-

rygewastrekker onder 200 kW bied.

Fokus

Werktuie & toerusting