Previous Page  40 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 40 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Werktuie & toerusting

JD le Roux, Hoopstad

Rustlandkraal, Hoopstad

Silo Warehouse...

Your grain storage solution.

Top quality turnkey projects

Tel: 012 332 1469

www.silowarehouse.co.za

E-mail: info@silowarehouse.co.za

silowarehouse

Kyk uit vir dié slaggate

Dit word sterk aanbeveel dat die geenbe­

werkingstelsel, soos in die geval van die

verminderde bewerkingstelsel, met per­

manente spoorverkeer gekombineer word.

In sandgrond en selfs leemgrond, kan

voorts oorweeg word om die planterry op

die trekkerspoor uit te haal, aangesien die

gewasse swak op die spoor presteer. Die

onkruidbeheerstelsel moet hierdie wyer

bane in ag neem, omdat onkruid geneig is

om daar te gedy.

Langtermynkontrole

Grondversuring moet gereeld gekontroleer

en aangespreek word. Onkruiddruk is ge­

neig om vinnig in geenbewerkingstelsels

toe te neem. Grondkompaksie moet ge-

reeld gemoniteer word.

Wat het grondtipes met

grondbewerking te make?

Grondtekstuur (sand, slik, klei) het ‘n groot

invloed op grond se fisiese eienskappe.

Grondbewerking beïnvloed die grond se

fisiese eienskappe direk, daarom kan ver­

wag word dat daar interaksies tussen

grondbewerking en tekstuurtipes sal wees.

Sandgrond

Sandgrond is uiters gevoelig vir wind­

erosie.

Skoonbewerkingstelsels

soos

skaar- en skottelploeg verhoog die grond

se gevoeligheid vir winderosie. Bewerking­

stelsels waar die oesreste bo-op die

grond gelaat word, moet by voorkeur oor­

weeg word.

Hoe sanderiger die grond en hoe fyner

die sandfraksie, hoe makliker en dieper

kompakteer dit as dit klam is (

Foto 6

).

Kompaksie benadeel wortelgroei en water-

infiltrasie. Kompaksie moet gereeld

gekontroleer word en moet in die bewer­

kingstelsel bestuur word. Diep skeur­

ploegwerkings is dikwels nodig om diep

verdigte lae op te breek.

Spoorverkeerstelsels moet by voorkeur

toegepas word.

Leemgrond

Leemgrond is minder gevoelig vir wind­

erosie en maak meer stabiele kluite

wanneer dit geploeg word. Dit is egter

meer geneig tot korsvorming in ‘n skoon­

bewerkingstelsel. Korsvorming lei tot uit­

dagings met saailingopkoms en verlaagde

waterinfiltrasie – en laasgenoemde lei tot

verhoogde waterafloop. Bewerkingstelsels

waarin die oesreste op die grondopper­

vlakte gelaat word, verbeter hierdie pro­

bleme betekenisvol.

Leemgrond is ook gevoelig vir kompaksie

en kompakteer besonder hard. Kompaksie

moet gereeld gekontroleer word en moet

in die bewerkingstelsel bestuur word. Diep

skeurploegwerkings is dikwels nodig om

diep verdigte lae op te breek.

Kleigrond

Kleigrond het normaalweg ‘n sterker ont­

wikkelde bogrondstruktuur, wat veroor­

saak dat winderosie nie ‘n uitdaging is

nie, behalwe as dit op die oppervlakte

gedispergeer het en ‘n kors gevorm het.

As ‘n reël is waterinfiltrasie betreklik sta­

diger, met dié dat afloop maklik voor­

kom. Deurdat die grond vlak met ‘n

beitelploeg bewerk word, word die grond

se waterinfiltrasie betekenisvol verhoog.

Oesreste op die bogrond is ook hier ui-

ters voordelig.

Spoorverkeer is selfs voordelig op klei-

grond, deurdat kompaksie tot die spore

beperk word en die res van die grond

deurgaans uiters ontvanklik vir wa­

terinfiltrasie bly. Diep skeurploegbewer­

kings verhoog die grond se hidrouliese

geleiding betekenisvol en dit bly ook vir

jare lank so gunstig. Wanneer permanente

gewasse soos boorde op kleigrond ge­

vestig word, word eenmalige diep skeur­

ploegbewerkings ook aanbeveel.

Samevatting

Grondbewerking moet aan die hand

van gestelde doelwitte uitgevoer word.

Uiteraard is daar nadele aan elke bewer­

kingsmetode verbonde, met slaggate

waarteen gewaak moet word. Omdat

grondbewerking hoofsaaklik ‘n impak op

die fisiese grondeienskappe het, is die

nadele en slaggate ook van toepassing op

die fisiese aspekte van die grond.

Kompaksie, brutodigtheid, waterinfiltrasie,

deurlugting, dreinering, korsvorming en

vermenging van ameliorante is die be­

langrikste aspekte wat in gedagte gehou

moet word. Die slaggate hou derhalwe ook

met dié aspekte verband.

Vir meer inligting, kontak die outeur by

martiens@nwk.co.za

.

Verwysings

Du Plessis, MJ. 2000. Grondbewerkingsmetodes

– Deel 1: Voor- en nadele van skoonbewerkingstelsels.

Noordwes Nuus

. Julie/Augustus 2000. Lyfblad van

NWK Beperk: Lichtenburg.

Du Plessis, MJ. 2013. Minder bewerkings, laer

trekkrag vir volhoubare verminderde bewerking.

NWK Arena

. Julie/Augustus 2013. Lyfblad van NWK

Beperk: Lichtenburg.

6: Die omvang van ‘n trekkerspoor in

sandgrond.

6