Previous Page  49 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Werktuie & toerusting

C

hallenger rusperbandtrekkers is al vir 15 jaar die mark-

leier in hul segment in Suid-Afrika. Om dit te vier en ook

dankie te sê aan trekkereienaars vir hul ondersteuning, reik

BHBW Suid-Afrika (voorheen Barloworld Agriculture) nou

vyf “Limited Edition”-trekkers uit.

“Vyf MT 765E-modelle van 280 kW word in samewerking met die

vervaardiger van Challenger, AGCO, beskikbaar gestel, met ‘n

moderne kamoefleerbaadjie wat die koppe gaan laat draai,” sê

mnr Robbie Hall, nasionale verkoopsbestuurder vir Challenger

by BHBW.

“Saam met produsente regoor die land het ons Challenger geves­

tig as die nommer een in rusperbande – van die Wes-Vrystaat,

waar dit diep ripwerk met reuse-skeurploeë in sandgrond moontlik

maak, tot die Noord-Kaap, waar dit klaarspeel met bewerkings in

besproeiingsirkels,” sê Hall. “Produsente kom – soms met ompaaie

– altyd weer terug na ons rusperbandtegnologie.

“Dit is dus gepas dat ons ná 15 jaar hierdie vennootskap op ’n

spesiale manier vier.”

Daar is vandag twee rusperbandreekse in BHBW se Challenger-

stal – die MT 700E-reeks met twee modelle van 280 kW en 317 kW,

en die nuwe MT 800E-reeks van 365 kW tot 440 kW.

Sedert die rusperbandtrekkers in 2004 in Suid-Afrika begin loop

het, het dit grense versit in plaaslike meganisasie deur bewerkings

en doeltreffendheidsvlakke moontlik te maak waarvan voorheen

net gedroom is.

Challenger is die enigste landboutrekker wat spesiaal vir rusper­

bande ontwerp is en die gepatenteerde Mobil-trac onderstel is

die sleutel tot sy werkverrigting. Dié onderstel word sedert 1987

gebruik, toe Caterpillar die Challenger Model 65, die eerste trekker

met rubber-rusperbande, in Amerika bekend gestel het.

Sedert die eerste bekendstelling is die tegnologie verder verfyn,

ook nadat AGCO Challenger in 2002 by Caterpillar oorgeneem het.

Die Mobil-trac rusperbande het elk vier paar

ossillerende wiele by die MT 800E-reeks en

drie paar by die MT 700E-reeks, sodat die

trekkers nooit “hop” nie. “Dié wiele

vergroot die bande se kontak

met die grond,

wat vir beter vastrapkrag sorg. Dit verminder ook grondverdigting,

sodat ‘n mens grond se potensiaal beter kan ontgin vir maksimale

opbrengs,” sê Hall.

Danksy die trekker se langer voetspoor en beter traksie as dié

van ’n vergelykbare wieltrekker word meer krag na die grond ver­

plaas. “Toetse toon ‘n toename in trekkrag van 10% tot 20%. As jy

1 000 ure werk, wen jy dus 100 tot 200 ure. Jy kan wyer imple­

mente sleep, met minder grondverdigting en ’n hoër werkspoed,

of dieselfde implement trek met minder moeite en ’n besparing

op brandstof.”

’n Hoër werkspoed beteken dat lande in optimale toestande bewerk

kan word, wat uiteindelik ook ‘n mens se oesopbrengs verhoog.

Ander voordele sluit in die rygerief wanneer op ongelyke lande

of oor rye gewerk word, en groter stabiliteit teen skuinstes. Die

kraglewering bly dieselfde, ondanks veranderings in wielglip en die

banddruk hoef nie gewysig te word nie.

Die Challenger MT 765E

Die Challenger MT 765E word aangedryf deur ‘n brandstofdoel­

treffende AGCO Power-enjin, wat ontwerp is vir groter wringkrag

sodat ‘n mens die enjin se volle krag kan benut en meer met minder

brandstof gedoen kry, ook onder ‘n swaar vrag.

“Met hidrouliese vloei van 324 liter/min kan dit gebruik word

om wydwerkplanters van tot 36 rye, groot saaiers en ander

presisieboerderytoerusting met groter hidrouliese vereistes te

sleep,” sê Hall. “Dit het ‘n hysvermoë van tot 12 ton op die driepunt.”

Boonop maak die kompaktheid van die MT 765E dit ontsettend

veelsydig. “Dit is ’n trekker wat vier of vyf keer per jaar winsgewend

gebruik kan word, vir enigiets van swaar ripwerk en skoffel tot plant

en die sleep van tapkarre.”

Die driepunt het ook ’n stuurmeganisme wat werktuie “korrigeer”

sodat daar altyd presies op die spoor gewerk word en ‘n mens kan

draai sonder dat die implement se tande in die grond buig. Dit is

veral ’n voordeel wanneer in sirkels of teen kontoere gewerk word.

Om vir plaaslike toestande voorsiening te maak, word die

MT 765E, soos alle Challengers, standaard verskaf met

extreme application

-rusperbande. Die spoorwydte

kan van 2 032 mm tot 3 048 mm verstel word.

47

August 2018

Vennootskap op

spesiale WYSE

gevier

Produkinligting

Anita van Zyl,

namens BHBW Suid-Afrika

Challenger: ’n Veelsydige trekker wat

regdeur die jaar benut kan word.