Previous Page  39 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 39 / 108 Next Page
Page Background

as in die bestaande spore ry nie. Dit sluit

die tapkar in.

‘n Outomatiese stuurstelsel op ten minste

een trekker, wat die spore uitmerk, is deel

van dié stelsel se sukses. Die trekkers

met die sekondêre bewerkings ry almal

op dieselfde spore. Van die sekondêre

bewerkings kan met chemiese bespuitings

vervang word. Die gewasse se rywydtes

moet saam met die stelsel beplan word.

Voor bewerking

Die verminderde bewerkingstelsel begin

deur alle verdigte sones voor die tyd ef­

fektief op te breek. Dit moet vooraf presies

vasgestel word – hetsy met ‘n penetrometer

of in profielgate. Dit is ook raadsaam

om chemiese wanbalanse reg te stel en

bekalking te doen. Soos by konvensionele

bewerking, moet die grond se vogstatus

gekontroleer word sodat daar nie te veel

groot kluite gebreek word nie.

Tydens bewerking

Lande word sodanig bewerk dat die

verdigtings alles opgehef word en die kalk

en ander misstowwe ingewerk word. Die

land moet na dié bewerkings onkruidvry

wees. Die planterspore vir die komende

jare moet nou uitgemerk word, sodat

sekondêre bewerkings tot en met plant, al­

les op dieselfde spore kan ry.

Dit kan met slegs een trekker wat met

‘n outomatiese stuurstelsel met ‘n akku­

rate korreksiesein toegerus is, gedoen

word. Lande kan nou óf meganies óf

chemies skoongehou word. Indien die

plantertrekkers almal met akkurate outo­

matiese stuurstelsels toegerus is, wat

die ideaal is, kan hulle redelik maklik op

dieselfde spore ry. Dit kan ook met die

hand gestuur word – mits die spore deur­

gaans duidelik sigbaar is.

Verdere skoffels, bespuitings en topbe­

mesters ry almal op dieselfde spore. Die

stroper loop gewoonlik nie op dieselfde

spore nie. Omdat dit dan in die winter op

droë grond ry, veroorsaak dit gewoonlik

nie erge kompaksie nie en indien wel, is

die kompaksie vlak en kan maklik uitge-

werk word.

Die volgende jaar gebeur alles op dieselfde

rye en spore. ‘n Doeltreffende plantaksie

is die sleutelbestuursaspek van dié stelsel.

Wortelknoetse is dikwels ‘n uitdaging

tydens plant. Die een oplossing is om die ry

effens te skuif sodat daar langs die vorige

jaar se ry geplant word. Die ander oplossing

is om die wortelknoetse meganies uit te

werk en voorskoonmakers op die planter

te monteer. Dit kan met ‘n beitelploeg wat

met vlerkskare toegerus is, gedoen word.

As winderosie dit toelaat, kan die lande na

stroop gesny word. Met ‘n snybewerking is

jy die sekerste dat daar effektief geplant sal

kan word. Die res van die aksies, soos spuit

en topbemesting, volg alles op dieselfde

spore.

Langtermynkontrole

Kompaksie weens landverkeer wat nie op

die permanente spore loop nie, bring mee

dat die land dalk in die toekoms weer alge-

heel bewerk sal moet word. Voorbeelde

hiervan is stropers, hoogloopspuite wat

dwars oor rye loop, rolmoer en sny­

bewerkings. Dit kan met ‘n penetrometer

gekontroleer word en wanneer nodig, kan

‘n toepaslike bewerking uitgevoer word om

alles weer los te hou. Bekalking en ander

regstellings moet wanneer dit gedoen

word, verkieslik ingesny word.

Omdat oesreste vlak ingewerk word of

bo-op die grond gelaat word, kan verwag

word dat siektedruk in ‘n monokultuur-

stelsel toeneem. Wisselbou, wat in wese

aanbeveel word, word ook hier sterk

aanbeveel.

Omdat die grond nie meer skoonbewerk

word nie, is die onkruiddruk hoër en

moet die onkruidbeheerstelsel gereeld

volgens die onkruidspektrum en onkruid­

druk aangepas word.

Geenbewerking

Voordat dit geïmplementeer

word

Die geenbewerkingstelsel begin deur

alle verdigte sones vooraf effektief op te

breek. Dit moet vooraf presies vasgestel

word – hetsy met ‘n penetrometer of in

profielgate. Dit is ook raadsaam om che­

miese wanbalanse reg te stel, bekalking te

doen en behoorlik in te werk.

Die chemiese onkruidbeheerprogram moet

deeglik beplan word, aangesien geen me­

ganiese onkruidbeheer gedoen word nie.

Dit moet volgens die onkruidspektrum

aangepas wees.

Kompaksie is een van geenbewerkingstel­

sels se kritiese bestuursaspekte en verál

op sand- en leemgrond, waar kompaksie in

die bogrond tot swak wortelontwikkeling lei

(

Foto 5

).

5: Swak wortelontwikkeling van ‘n mielieplant

wat op ‘n trekkerspoor geplant is.

5