Previous Page  38 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 38 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Werktuie & toerusting

Kyk uit vir dié slaggate

Sandgrond is gewoonlik twee dae na reën

gunstig om te bewerk, terwyl leemgrond

eerder drie dae moet wag. Kleigrond se

vensterperiode om te bewerk is klein,

omdat dit lank te nat bly en dan weer vinnig

te droog is.

Tydens bewerking

Tydens bewerking moet die bewerkings­

diepte aan die hand van die doelwitdiepte

gekontroleer word. In die geval van ‘n

skaar- of skottelploeg kan dit maklik in

die holvoor gekontroleer word. Met bei­

telploegbewerkings word die bewerkings-

diepte gewoonlik oorskat (

Foto 2

) op

bladsy 35.

‘n Steekstok met merkies op is handig om

die bewerkingsdiepte te bepaal, deur die

diepte in die tandvoor te meet. Onthou om

eers die grond op die meetpunt gelyk te

krap en effens vas te trap en dan te meet,

omdat die grond tydens bewerking opgelig

word en die verwysingsvlak dan hoër is.

Kontroleer ook die doeltreffendheid van

die bewerking deur tussen die tande met

die steekstok te meet.

Dit gebeur dikwels dat die implement

slegs voortjies in die grond trek en tussen

die tande niks doen nie (

Foto 3

). Dit gebeur

omdat die tande te wyd gespasieer is.

Poog om die tande 70% van die beoog­

de bewerkingsdiepte te spasieer. Dit ver­

hoog die bewerking se doeltreffendheid

beduidend.

Kontroleer die skare se slytasie. Skeur- en

beitelploeë se skare word al korter namate

dit slyt. Dit veroorsaak dat die implement

al vlakker werk.

Grond wat te droog is, begin aansienlik

kluite breek. As riglyn kan meer as een

of twee groot kluite (so groot soos twee

hande langs mekaar) per vierkante meter

as te droog beskou word. Die vorige jaar se

trekkerspore begin eerste om groot kluite

te breek.

Na bewerking

In skoonbewerkingstelsels word al die

oesreste in die grond ingewerk. Dit lei

dikwels tot korsvorming deur die seisoen

heen. Korsvorming lei weer tot swak wa­

terinfiltrasie en uiteindelik watererosie.

Water wat afloop is ook vir plantproduksie

verlore. Vlak skoffelbewerkings is doel­

treffend om sulke oppervlaktekorse op te

breek.

Diep skeurploegbewerkings kan veroor­

saak dat die plantertrekker se voorwiele

diep insak, wat die akkurate stuur van

die trekker benadeel. Diep skeurploeg­

bewerkings maak die grond aansienlik los,

wat egalige plantdiepte kan beïnvloed. ‘n

Vlak saadbedbewerking na die primêre

bewerking is dikwels nodig om die grond

fermer te kry om doeltreffend te kan plant.

Verminderde bewerking

Die konsep van verminderde

bewerking

In ‘n verminderde bewerkingstelsel word

gepoog om die aggressiewe en duur pri-

mêre bewerking totaal uit te skakel of

minstens te verminder. Die sekondêre

bewerkings word ook verminder. Kom­

paksie word nou een van die groot gevare

van dié stelsel. Die beste manier om

kompaksie te bestuur, is met behulp van

‘n spoorverkeerstelsel (

Foto 4

).

Laasgenoemde konsep kan verder uit-

gebrei word deur die spore oor jare op

dieselfde plekke te hou. Daar word nie op

die spore geplant nie en daarom is dit ook

nie nodig om die spore los te maak nie.

Die harde spore is voordelig vir die traksie

van die trekkerwiele en dit verminder

rolweerstand. Dit bring mee dat die trek­

ker makliker beweeg en derhalwe die im­

plement makliker trek.

Die beginsel bepaal dat al die implemente

ewe wyd moet wees: So wyd soos die

planter. Spuite is gewoonlik dubbeld so

wyd en ry dus in elke tweede trekkerspoor.

Geen landverkeer mag enige ander plek

3: Die opbreek tydens skeurploegbewerkings is dikwels nie effektief tussen

die tande nie. Dit moet tydens die bewerking gekontroleer word.

4: Die trekkerspore in ‘n spoorverkeerstelsel met sagte grond tussen en aan

weerskante van die spoor.

4

3

Augustus 2018

36