Previous Page  37 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 37 / 108 Next Page
Page Background

Kyk uit vir dié slaggate

tydens grondbewerking

G

rondbewerking is en bly een van

die primêre koste-items in saai­

boerdery. Die doeltreffendheid

van ‘n bewerkingsaksie behoort

voortdurend geëvalueer te word. Hierdie

artikel poog om die aspekte van beplan-

ning en die slaggate van verskillende

bewerkings uit te lig.

Doelwitte van

grondbewerking

Alvorens daar op ‘n spesifieke metode

van grondbewerking besluit word, moet

die doel van grondbewerking in oënskou

geneem word:

Dit skep ‘n gunstige bogrondstruktuur

vir wortelontwikkeling, lugbeweging en

skep ‘n tydelike struktuur om winderosie

te bekamp.

Dit skep tydens diep skeurploeg­

bewerkings ‘n gunstige ondergrond­

struktuur vir dieper wortelpenetrasie

soos om grondverdigtings op te hef.

Dit vermeng die grond met oesreste,

kalk en misstowwe.

Dit berei ‘n fyn en ferm saadbed voor.

Dit verhoog waterinfiltrasie.

Onkruid word beheer.

Plantsiektes word beheer.

Konvensionele bewerking

Vir die doel van die artikel word jaar­

likse skoonbewerking en jaarlikse tand­

bewerkings waartydens die land algeheel

bewerk word, as konvensioneel beskou.

Voor bewerking

Dit is raadsaam om vooraf die doelwitte

van elke bewerking vas te stel. Een van

die hoofdoelwitte van die primêre be­

werking is om kompaksielae in die grond op

te hef. Om dit sinvol te doen, is dit sekerlik

belangrik om vas te stel of daar werklik

kompaksielae is en indien wel, op watter

diepte dit voorkom.

‘n Penetrometer is die aangewese instru­

ment om dit te meet (

Foto 1

) en veral om

die onderkant van die verdigte sone te

bepaal. Daar moet dan onder die onderste

grens van kompaksie bewerk word. Pro­

fielgate kan ook ondersoek word om die

dikte van verdigting vas te stel. Dit is egter

‘n uitdaging om die onderkant van die

verdigte sone in ‘n profielgat met redelike

akkuraatheid vas te stel.

Die voorkoms van onkruid en hoe groot

dit is, sal sekerlik die bewerkingsmetode

bepaal. As dit dan een van die be­

werkingsaksie se doelwitte is, moet die

land gesny, geploeg of vlak met vlerkskare

bewerk word. Beitelploeë en skeurploeë

maak as ‘n reël nie ‘n vuil land effektief

skoon nie.

Die bogrond se voginhoud moet vooraf

geverifieer word, anders breek die grond

te veel groot kluite as dit te droog is. Dit

veroorsaak verhoogde slytasie op beide

die trekker en die implement. Dit kan bepaal

word deur die grond met ‘n spitgraaf te spit.

As dit gemaklik spit, is die kans goed dat die

land bewerk kan word. ‘n Harde droë kors

van dikker as 10 cm is ongeveer die limiet,

waarna die bewerking eerder uitgestel moet

word tot na ‘n bui reën.

Te nat grond moet ook eerder tyd gegun

word om ‘n bietjie af te droog.

35

August 2018

Fokus

Werktuie & toerusting

1: Die penetrometer is die aangewese instru-

ment om grondverdigting te meet.

2: ‘n Beitelploegbewerking waarvan die diepte van bewerking tipies oorskat word.

Martiens du Plessis,

grondkundige, NWK

1

2