Previous Page  36 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 36 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Werktuie & toerusting

Produkinligting

L

andini se 7-reeks spog met ‘n moderne kajuitontwerp, styl­

volle en aggressiewe voorkoms, nuwe Pro Drive-ratkas en

beproefde BetaPower-enjins. Dit is gereed vir die toene­

mende uitdagings wat moderne landbou vereis en is ‘n reeks

wat aan die landboumark se hoogste vlak van verwagtinge voldoen.

BetaPower-enjins

Die vyf modelle van die Landini 7-reeks word aangedryf deur

die 6,7 liter BetaPower 24-klep, sessilinder turbo-enjins met

drukbuisinspuiting en lug-tot-lug tussenverkoeling wat kraglewering

van 116 kW tot 147 kW bied. Die geoptimaliseerde elektroniese

brandstofinspuiting en verbeterde verbrandingsdoeltreffendheid

laat die nuwe enjins toe om verhoogde krag te lewer, terwyl die

brandstofverbruik verminder word.

Pro Drive-ratkas

‘n Pro Drive-ratkas met ‘n spoelkas (

shuttle

) en kruiprat verskaf

40 vorentoe-ratte en 40 truratte deur ‘n vyfgang-ratkas met ses

kragskakels per gang. Die ratkas word elektronies beheer deur

drukknoppies op die multifunksionele armleuning van die lug­

veringsitplek. Dit beskik oor ‘n Autoshift-fasiliteit wat outomaties die

korrekte rat selekteer, hetsy in die land of op die pad.

Kragaftakker

Die elektrohidrouliese kragaftakkerinskakeling het twee aste

met ses of 21 gleuwe. Die kragaftakker bied vier spoedkeuses

(540/540E/1000/1000E rpm) en die elektroniese beheer van die

kragaftakker verseker altyd die gladde inskakeling van implemente.

Geslote hidrouliese stelsel

Dit is toegerus met ‘n hidrouliese suierpomp (PFC), wat alleenlik

net aan die eksterne hidrouliese kleppe ‘n vloeisnelheid van 90 liter/

min bied om alle hidrouliese implemente te beheer. Dit het vier

afstandbeheerkleppe vir die 7-160, waarvan een elektronies beheer

is en drie meganies.

Die 7-180 tot die 7-230 het vier elektroniese afstandbeheerkleppe.

Die drie-punt elektronies beheerde hysstelsel bied ‘n hysvermoë

van 7 200 kg op die 7-160 en 9 300 kg op die 7-180 tot 7-230. Die

hysstelsel is KAT III.

Kajuit van 7-180 tot 7-230

Ergonomiese kajuituitleg sorg vir ‘n ware tegnologiesentrum van­

waar die operateur die trekker met maksimum gemak kan beheer.

Die kajuit is ontwerp om ‘n veilige, geraasvrye en gemaklike

omgewing aan die operateur te verseker vir lang ure in die veld.

Die vier-pilaar kajuit is gelaai met funksies soos ‘n lugveringsitplek

met ‘n multifunksionele armleuning, ‘n teleskopiese kantelverstel­

bare stuurwiel, hoogs doeltreffende outomatiese klimaatbeheer en

lugreëling, LED-ligte en onbelemmerde sigbaarheid.

Kajuit van 7-160

Behalwe die multifunksionele armleuning wat na die sypaneel ver­

skuif is, het die kajuit dieselfde kenmerke soos in die kajuit van die

ander vier modelle. Die ratkasfunksie, wat nou op die sypaneel

is, verskaf steeds die normale funksies omdat die ratkas op al die

7-reeks modelle dieselfde bly.

Gereed

vir die moderne

landbou-uitdagings

Jaap Booyens,

Argo

Augustus 2018

34

1: Argo se Landini 7-reeks.

Foto: Albie Bredenhann

2: Die 7-reeks se multifunksionele

armleuning.

Foto: Albie Bredenhann

3: Die geslote hidrouliese stelsel.

Foto: Albie Bredenhann

4: Die Landini 7-reeks se stylvolle

en aggressiewe voorkoms.

Foto: Albie Bredenhann

1

2

4

3