Previous Page  34 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 34 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

32

E

en van NWK se strategiese fokuspunte is uitnemende diens

aan klante. Die meganisasie-afdeling het onlangs sy vere

reggeskud om uitvoering te gee aan dié strategiese fokus

en die bedieningspunte in sy bedieningsgebied is herbeplan.

NWK Meganisasie spog as gevolg van hierdie herbeplanning met

‘n sterk gediversifiseerde verspreidingsnetwerk in sy Noordwes- en

Mpumalanga-bedieningsgebiede. Planne word voortdurend beraam

om die gebied so koste-doeltreffend as moontlik te kan bedien,

sonder om dienslewering in te boet.

Goed-opgeleide, vriendelike personeel staan gereed om klante

met deskundige advies en uitnemende diens behulpsaam te wees.

Dit word ondersteun deur doeltreffende kommunikasie tussen NWK

Meganisasie en sy gewaardeerde klante.

Onderdele

NWK Meganisasie bedryf nege onderdele-afdelings en ‘n tiende

afdeling is so pas op Vryburg geopen. Die onderdelepersoneel spog

met jarelange ondervinding en grondige kennis om klante vinnig

te kan ondersteun. ‘n Wye verskeidenheid onderdele word teen

sakpaspryse aangebied.

Onderdelereekse vir ou en nuwe generasie-toerusting is beskik-

baar. Indien dit nie op aanvraag voorsien kan word nie, word dit

dadelik bestel om dit so spoedig as moontlik beskikbaar te kan hê.

Onderdelebedryfspunte is op die volgende dorpe beskikbaar:

Vryburg, Mareetsane, Delareyville, Sannieshof, Ottosdal, Lichten­

burg, Koster, Delmas en Middelburg.

Werkswinkels

Meganisasie bedryf vyf topgehalte werkswinkels in die bedie­

ningsgebied, wat met die nuutste hoëtegnologietoerusting toege-

rus is. Elf gekwalifiseerde werktuigkundiges lewer uitnemende

diens en bystand waar nodig.

Goed toegeruste mobiele werkswinkelbakkies bied ook aan pro­

dusente die opsie om herstelwerk en algemene dienste op hul

plase te laat verrig. Kontak die werkswinkelkontroleerders by die

werkswinkels om enige bystand, reparasies en dienste te reël.

Die werkswinkels is geleë op Vryburg, Sannieshof, Lichtenburg,

Delmas en Middelburg.

Heelgoedere en presisie

Die heelgoedere-afdelings word vanaf vyf kantore in die be­

dieningsgebied bedryf. NWK poog om voortdurend ‘n wye reeks

hoëgehalte produkte aan produsente te bied. Daar word ook

tred gehou met die nuutste bewerkingstendense om die beste

gemeganiseerde toerusting aan klante te bied.

Buiten die New Holland-reeks trekkers, stropers, selfaangedrewe

spuite, balers, hooitoerusting, implemente en industriële toerus­

ting (die nuutste toevoeging), word ook gediversifiseerde reekse

van voorkeurverskaffers voorsien, wat insluit Amazone, Falcon,

Jupidex, Lemken, Quantum, AgriCAD, Agri Afrika en Van Zyl

Staalwerke.

Gediversifiseerde presisiedienste word ook as ‘n ondersteunende

diens gelewer, wat harde- en sagteware, asook dienste van

presisietoerusting, insluit.

Verder word ‘n wye verskeidenheid goeie gehalte tweedehandse

toerusting aangebied.

Heelgoedere- en presisiedienste is op die volgende dorpe be­

skikbaar: Vryburg, Sannieshof, Lichtenburg, Koster, Delmas en

Middelburg.

Besoek die naaste NWK Meganisasie-bedryfspunt, waar toerus­

ting van die beste gehalte teen sakpaspryse aangebied word.

Kontak die NWK hoofkantoor of besoek NWK se webtuiste vir meer

besonderhede oor hul uitnemende diens.

Meganisasie

vere reg

vir beter dienslewering

Fokus

Werktuie & toerusting

Produkinligting

Louis Lange,

bestuurder: Meganisasie, NWK

k

New Holland se onderdelepakhuis in Centurion bring talle voordele vir handelaars, agentskappe en produsente.

Rekenaartegnologie versnel die bestel- en leweringsproses.