Previous Page  51 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 51 / 84 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

49

April 2018

Groothandelsprys van diesel:

Heffings kos jou meer as die diesel

d

iesel maak ongeveer 12% van

‘n graan- en oliesadeprodusent

se lopende produksiekoste

uit. Die groothandelsprys van

diesel in Maart vanjaar het op

R12,10/liter gestaan – 4,2%

hoër as die R11,61/liter van verlede jaar die-

selfde tyd.

Dié dieselprys bestaan 50,5% uit heffings

en belastings, terwyl 49,5% uit die werk-

like brandstofkoste (invoerprys van diesel)

bestaan. Die grootste gedeelte (76%) van

die heffings en belasting bestaan uit die

algemene brandstofbelasting en die Padon-

gelukfondsheffing.

Die groothandelsprys van diesel in Suid-

Afrika word gereguleer.

Grafiek 1

toon die

samestelling van die groothandelprys van

diesel in Maart vanjaar. Die Minister van

Finansies het in sy begroting aangedui

dat belasting op diesel in April met ‘n

verdere 22 c/liter gaan styg, terwyl die

Padongelukfondsheffing met 30 c/liter gaan

toeneem.

Dieselrabat vanaf April

Die dieselrabat waarvoor produsente kwa-

lifiseer bestaan uit 40% van die algemene

brandstofbelasting en 100% van die Pad-

ongelukfondsheffing. Vir Maart het die

dieselrabat 23% van die groothandelsprys

van diesel uitgemaak.

Die aankondiging dat die algemene brand-

stof- en die Padongelukfondsheffing in April

met 22 c/liter en 30 c/liter onderskeidelik

gaan toeneem, bring mee dat die dieselra-

bat vanaf 283 c/liter na 321,8 c/liter in April

gaan toeneem – vir 80% van regmatige ge-

bruik.

Grafiek 2

toon hoe die dieselrabat

oor tyd toegeneem het.

Grafiek 1: Samestelling van die groothandelsprys van diesel in Maart vanjaar.

Grafiek 2: ‘n Aanduiding van hoe die dieselrabat oor tyd toegeneem het.

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig