Previous Page  48 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 84 Next Page
Page Background

Die nuwe seisoen:

Oorweeg bemarking deeglik

d

ie huidige bemarkingseisoen

(2017/2018) sal lank onthou

word as ‘n rekordproduksiejaar

– met die mielie-oes wat op ‘n

allemintige 16,82 miljoen ton

afgesluit het. Dit het die plaas-

like mieliemark reeds vroeg in die seisoen

onder druk geplaas en pryse het vinnig

nader aan uitvoerpariteitsprys begin ver-

handel, waar dit vir die grootste gedeelte

van die seisoen gebly het.

Alhoewel die mark deur die loop van die

seisoen redelik sywaarts, naby aan uitvoer-

paritieitsvlakke, verhandel het, het die mark

nooit tot op vlakke gedaal waar die plaas-

like prys werklik kompeterend in die interna-

sionale konteks was nie.

Daar het wel uitvoere plaasgevind, maar

die tempo van die uitvoere was nie naas-

tenby genoegsaam om van die plaaslike

surplusse ontslae te raak nie. Daarom sal die

huidige seisoen afgesluit word met groot

voorrade, wat na die volgende bemarking-

seisoen toe oorgedra sal word.

Alhoewel die artikel meer spesifiek verwys

na die mieliemark, is die beginsel van die

bemarkingstrategieë soos bespreek, van

toepassing op al die verskillende grane/

oliesade. Produsente moet daarom die ver-

skillende faktore daaraan verbonde deeg-

lik en in kombinasie met mekaar oorweeg

wanneer hulle besluite neem.

Faktore wat die komende

seisoen ‘n rol gaan speel

Die verwagte mielie-oordragvoorraad

vir die 2017/2018-seisoen is ongeveer

4,2 miljoen ton, waarvan 2,8 miljoen ton

witmielies en 1,4 miljoen ton geelmie-

lies is.

Volgens die Nasionale Oesskattings-

komitee (NOK) se eerste produk-

sieskatting vir die seisoen word die

2018/2019-seisoen se produksie op

12,2 miljoen ton geskat.

Die diepsee uitvoerbare surplusse vir

die komende seisoen kan ongeveer

3,7 miljoen ton wees.

Die pryse gaan dus in die 2018/2019-sei-

soen weer grootliks nader aan die

uitvoerpariteitsprys verhandel en die

internasionale prys asook wisselkoers

gaan weer die twee grootse drywers

van plaaslike pryse wees.

Internasionaal is daar uitdagings in

terme van produksie in Suid-Amerika as

gevolg van ongunstige weerstoestande.

Dit bied ondersteuning aan internasio-

nale pryse met sterker koopkrag wat na

die Amerikaanse mark verskuif.

Die aanplantings in die VSA is aan die

gang en daar gaan hierdie seisoen

moontlik ‘n groter oppervlakte mielies

aangeplant word – wat weer druk op

die internasionale pryse kan plaas. Die

internasionale mark kan egter deur die

loop van die Amerikaanse plantseisoen

sterk weergedrewe wees.

Plaaslike produsente moet so ver

moontlik van geleenthede in die mark

gebruik maak vir verskansingsdoelein-

des wanneer die mark om welke rede

ook al geleenthede bied.

Oorwegings in terme

van bemarking

Gegewe die huidige stand van sake en die

fundamentele situasie rakende die groot

voorrade en die pryse wat deur die loop

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

20 Maart 2018

OP PLAASVLAK

April 2018

46

Grafiek 1: Grafiese voorstelling van die produsent se Safex-prys wanneer ‘n verkoopopsie by

verskillende markprysbewegings gekoop word.