45
April 2018
In die plaaslike koringbedryf bly die uitdaging steeds dat produsen-
te koring produseer van dieselfde gehalte en selfs beter as harde
rooi winterkoring, maar die prys wat ontvang word, is gelykstaande
aan ander laer kwaliteit ingevoerde koring. Dit kan duidelik in
Grafiek 1
gesien word, waar ‘n produsenteprys in die Kaap vergelyk
word met ‘n Kaapse invoerpariteitsprys.
Die verandering in gradering en prysbepaling op Safex (verwy-
singsprys) beteken dat Suid-Afrika se koring geprys gaan kan word
op dieselfde basis as ingevoerde koring, maar dit gee aan die
produsent die geleentheid om dieselfde produk met ‘n laer pro-
teïeninhoud, maar nog steeds die goeie kwaliteit weens die
intrinsieke waardes (maal- en bakkwaliteit), te kan lewer.
Tesame met al die uitdagings, is dit ook uit ‘n studie wat deur
mnr Michael Day van Stellenbosch gedoen is, duidelik dat daar
wel ongelykhede in die mark bestaan en dat die produsent en die
verbruiker te na gekom word hierdeur.
Graderingsverandering
Watter voordeel hou graderingsverandering vir die produsent in?
Die produsent kry sodoende ‘n meer regverdige prys – gegewe die
kwaliteit in terme van proteïene wat geproduseer word.
Verder gaan die produsent se produksiebestuurspraktyke verander
en kan hy op insette bespaar. Hiervan is die belangrikste die bestuur
van stikstoftoediening. Neem in ag dat die plaaslike stikstof onder
van die duurste in die wêreld is. Die grootste voordeel is natuurlik
dat opbrengste met verslappings van die vrystellingskriteria tesame
met verandering in gradering, kan verhoog – wat die grootste
voordeel is en wat broodnodig is.
As produsente ‘n laer standaard vir proteïene het, kan hul die be-
ter koring apart stoor/bestuur en sodoende ‘n premie ontvang
deur dit aan die verwerker te bied. Dit kan tans ook gedoen word,
maar die huidige gradering maak daarvan ‘n uitdaging weens meer
graderingsklassifikasies en ‘n hoë B1-basis.
Die standpunt bly dat die plaaslike produsent dieselfde standaard
produseer as die huidige invoere, teen goeie produksiekostes en
hoër opbrengste en dat die hoër kwaliteit koring ingevoer word.
Dit beteken dat dit meer in lyn sal wees met die wêreldneiging van
koringproduksie.
Wat is die voordeel vir die koper?
Volgens SAGL se statistieke gaan daar met die verandering van die
graad ‘n groter hoeveelheid (%) koring in Suid-Afrika onder dieselfde
graderingskategorie gelewer kan word. Dit beteken ‘n groter basis
– wat dit makliker maak om ‘n standaard minimum kwaliteit produk
te lewer.
Uitdagings
Wat bly die uitdagings en hoekom word daar nie verder gevorder
nie? Die grootste uitdaging vir die bedryf is dat die tyd al hoe min-
der raak en die droogtes die afgelope tyd het dit nog verder verkort.
Die realiteit bly dat dit lank vat om nuwe kultivars te teel en opbreng-
ste te verhoog, maar hoe vinniger dit gedoen word, hoe vinniger kan
dit ‘n verskil maak.
Die verwerkers van koring voel nog sterk dat hul met die huidige
bestel en selfs met die graadgewaarborgde kontrakte nie nood-
wendig die regte kwaliteit vanaf die opbergers ontvang nie. Volgens
die rolspelers beteken dit dat enige ander veranderings hul risiko’s
verhoog.
Die volgende knelpunt is dat daar rolspelers is wat beweer dat die
Wes-Kaapse koring se kwaliteit nie op standaard is nie, alhoewel
daar saamgestem word dat dit ‘n moontlike weergedrewe faktor in
die afgelope twee jaar was.
Onder die huidige goedgekeurde metodiek wys die SAGL se syfers
nog steeds dat die maal- en bakkwaliteit wel op standaard is.
Waaroor word daar wel saamgestem?
Daar is konsensus bereik dat die rapportering vir intensie van
koringinvoere op dieselfde basis moet geskied as wat deur die
Mielieforum goedgekeur is. Die Koringforum moet dus ‘n proses in
plek sit om aansoek te doen vir die statutêre maatreël.
Daar is wel konsensus dat, om onsekerhede uit die weg te ruim,
daar verandering in die stelsel met betrekking tot die afkondiging
van die tarief moet plaasvind. Verder is partye dit ook eens dat
die tariefinkomste eerder spandeer moet word om die bedryf te
bevorder en nie aangewend moet word vir die befondsing van
Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland (BLNS-lande) nie.
Die invoerkwota en rebatstelsels binne die verskeie huidige han-
delsooreenkomste sal daadwerklik ontleed moet word.
Gevolgtrekking
Fase 2 van die omdraaistrategie kan vorder, mits daar aan die
verwerkers bewyse gelewer kan word dat hul ‘n minimum uit-
laaikwaliteit gaan ontvang. Ongelukkig is daar nie tans sprake by
enige van die twee rolspelers om die eerste beweging te maak nie.
Daar is veranderings gemaak wat produsente wel ondersteun om
meer volhoubaar te wees, maar daar is nie ‘n kitsoplossing vir die
kort termyn nie. Die beste oplossing lê in hoër opbrengste en beter
kultivars – veral in die droëlandstreke.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Paul Nuttal 2017