Previous Page  56 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 56 / 84 Next Page
Page Background

April 2018

54

Werknemers belangrikste

faktor in dié boerdery

– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar finalis

D

ie oostelike Hoëveld het besliste geleenthede, uitdagings

en bedreigings wat enige produsent tot die uiterste toets.

Dit is hier, in die Delmas-omgewing, waar mnr Jan Boshoff

en sy vrou, Retha, hul gemengde boerdery bedryf.

Hulle fokus daarop om die boerdery só te struktureer dat beide

die saai- en veevertakking inkomste genereer. Ten einde die in-

komste tussen die vertakkings te balanseer, bedryf Boshoff en

sy span ‘n eersteklas Bonsmarastoet. Hierdie stoet is hul trots en

heelwat aandag word aan dié vertakking gegee. Die saaiboerdery

bestaan uit die verbouing van droëlandmielies en sojabone, asook

besproeiingsmielies, -sojabone en -ertjies.

Duur lesse geleer

Omstandighede buite jou beheer kan ‘n boerdery maklik laat on-

dergaan. Boshoff het dit amper oorgekom en só belangrike lesse

geleer. Om aan te hou bemark en om jouself die ruimte te gee om te

kan beplan, is seker die belangrikste lesse wat hy hieruit geleer het.

Deur jouself los te maak van die besigheid, dwing jou om op

werknemers staat te maak. Dit het hy ten volle bemeester. Almal in

hierdie onderneming moet hul kant bring om dit te laat slaag. Die

Boshoffs is besonder gelukkig om ‘n seun, Chris, ‘n dogter, Ester

Hertzog en ‘n skoonseun, Barry Hertzog, as deel van die span te hê.

Finansiële bestuur

Finansies en die bestuur daarvan is die slagaar van enige besigheid.

Sy dogter, Ester, bestuur hierdie gedeelte van die besigheid.

Begrotings word deur elke afdeling van die boerdery saamgestel en

word deur haar gebruik om ‘n jaarlikse kontantvloeibeplanning op

te stel.

Sy gebruik ‘n rekeningkundige program om rekord te hou van

uitgawes en om seker te maak dat alle rekeninge op tyd en korrek

betaal word. Finansiële bestuur gaan egter nie net oor rekordhouding

nie, maar ook oor die kontrolering van die werklike uitgawes teenoor

die begrote uitgawes. Op ‘n gereelde basis word die boerdery se

inkomste-en-uitgawestate opgestel en vergelyk. Dit is dan ook hier

waar die meeste foute opgespoor en reggestel word.

Bemarking

Die volgehoue bemarking van die besigheid is essensieel om ‘n

suksesvolle stoetveiling te waarborg. Ester neem leiding ook in

hierdie afdeling. Die nuutste tegnologie word aangewend om kliënte

en voornemende kliënte oor alles wat op die plaas gebeur, in te

lig. Sy span sosiale media in en die plaas het sy eie

Facebook

-blad,

webwerf en

Twitter

-rekening. Dit hou die boerdery in pas met

die tyd.

Instandhouding van werktuie

Op hierdie plaas word slim met fondse omgegaan. Die span word

ingespan om dit doeltreffend te bestuur tot voordeel van die

onderneming. Pa en seun, asook hul werkswinkelbestuurder, poog

om die effektiwiteit van hierdie besigheid se trekkers op ‘n hoë vlak

te hou.

Die Boshoffs sal soms tweedehandse trekkers aankoop, dit herstel

en effektief in hul boerdery aanwend. Die boerdery het as gevolg

van hierdie benadering ‘n geleentheid in die mark geïdentifiseer en

OP PLAASVLAK

Graanprodusent van die Jaar

Bestuurspraktyke

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1: Voor: Retha en Jan Boshoff, met kleinseuns Jan-Hendrik en Christof Hertzog. Agter: Chris Boshoff by Ester en Barry Hertzog.

2: Spilpuntboerdery vorm ‘n integrale deel van dié boerdery. Die gewasse wat hier verbou word, word bestuur vir optimale produksie.

1

2