Previous Page  52 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 52 / 84 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

INSET-OORSIG

Verhoging = meer verant-

woordelikheid

Uit die artikel is dit duidelik dat ondanks die

feit dat heffings en belastings skerp toe-

neem, die dieselrabat ‘n noemenswaardige

deel daarvan uitmaak. Dit alles spel uit dat

ons in die landboubedryf die dieselrabat

met die nodige omsigtigheid moet hanteer

en ten alle tye moet beskerm – dit is van

die min ondersteuningsmaatreëls wat ons

wel ontvang.

Wenke vir dieselrabat

Eis die dieselrabat op grond van ver-

bruik en nie op aankope nie.

Hou volledig boek van dieselgebruik op

die plaas (vanaf die hoofverspreidings-

punte):

Datum waarop diesel ingegooi is

Hoeveelheid diesel ingegooi

Beskrywing van voertuig

Rede waarvoor diesel aangewend is,

moet duidelik beskryf word

Neem kennis dat daar nog vir die finale

logboeke van die Suid-Afrikaanse Inkom-

stediens (SAID) gewag word, wat die boge-

noemde inligtingbehoefte kan verander.

Grafiek 3: Internasionale Brent-ruolieprys en die groothandelsprys van diesel.

Vir meer inligting oor die hantering van die diesel-

rabat en aktiwiteite wat kwalifiseer vir die dieselrabat,

skandeer die QR-kode of besoek

http://www.sars.

gov.za/AllDocs/LegalDoclib/SCEA1964/LAPD-LPrim-

Tariff-2012-19%20-%20Schedule%20No%206.pdf.

Die een aspek wat uiters belangrik is by

die gebruik van hierdie strategie is dat die

produsent homself moet vergewis van die

risiko’s verbonde aan die strategie – ver-

al indien die mark sterker begin verhandel

en hoër as die maksimumvlak wat vasge-

maak is, begin verhandel. Indien die mark

hoër as die trefprys van die verkoop-

call

verhandel, sal hy ‘n verlies op die verkoop-

call

begin maak en daarom sal hy die

graan op die kontrak moet lewer – wat

dan die maksimumprys op hierdie prys-

vlak vasmaak.

Grafiek 2

(op bladsy 47

)

is ‘n grafiese voor-

stelling van die gebruik van ‘n minimun/

maksimumstrategie, gegewe verskillende

prysbewegings met die kostes wat weer

eens net die opsiekoste en -inkomste ver-

teenwoordig en nie ander bemarkingskoste

nie. Grafiek 2 toon die minimumprys indien

die markprys verder sou daal, terwyl die

produsent in hierdie geval die potensiaal

van ‘n maksimum opwaartse beweging van

R200/ton het, sou die mark só reageer.

Ten slotte

Produsente moet die risiko’s met betrek-

king tot die verskillende strategieë deeglik

met hul graanhandelaars bespreek alvorens

besluite geneem word oor die gebruik van ‘n

spesifieke strategie. In terme van pryse het

die produsent slegs een risiko waarteen hy

homself wil beskerm en dit is ‘n prysdaling.

Daarom moet hulle die voor- en nadele van

die verskillende strategieë sorgvuldig oor-

weeg voor hulle besluite neem.

Dit is ook noodsaaklik dat produsente die

fundamentele faktore in die mark wat prys-

bewegings bepaal, in ag neem wanneer hul

bemarkingsbesluite neem. Dit is essensieel

dat hulle hul besluite so objektief moontlik

neem.

Kontantvloei is een van die belangrikste

aspekte wat produsente moet beskerm

– veral in seisoene waar die pryse laag en

die marges beperk is. Daarom moet hulle

hul besluite oordeelkundig neem en hulself

vergewis van wat die impak op die besig-

heid se kontantvloei kan wees.

GRAANMARK-OORSIG

April 2018

50

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.