Previous Page  55 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 55 / 84 Next Page
Page Background

53

April 2018

bevind om moontlik wins uit gunstige

prysbewegings te maak sou die mark deur

die loop van die seisoen op hierdie wyse

reageer.

Wanneer die produsent Safex-termynkon-

trakte koop, gee dit hom in die geleentheid

om wins uit hierdie kontrakte te maak

wanneer die markprys toeneem na ‘n hoër

vlak as waarteen die kontrakte aangekoop is

en hy dit dan weer verkoop.

Die verskil tussen die aankoopprys en die

koopprys van die kontrak sal dan die wins of

verlies van die strategie bepaal. Indien die

verkoopprys tydens die tydperk wanneer

die produsent die kontrak moet sluit laer

is as die aankoopprys, sal hierdie strategie

op ‘n verlies uitloop. Dit is noodsaaklik dat

produsente die risiko’s verbonde aan die

strategie in ag neem.

Omdat die produsent in die strategie,

waar hy net kontrakte op Safex koop, hom

vir die tydperk in ‘n spekulatiewe posisie

bevind, is die risiko vir hom oneindig.

Die produsent sal met die aankoop van

kontrakte ‘n aanvangsmarge betaal en in-

dien die mark nie hoër verhandel nie, sal die

produsent op ‘n daaglikse basis marges per

ton moet inbetaal om die kontrak steeds in

stand te hou.

Hierdie strategie kan ‘n wesenlike negatie-

we impak op die produsent se kontantvloei

hê en produsente moet die risiko’s en

moontlikhede behoorlik opweeg wanneer

hulle die strategie oorweeg.

Veronderstel die produsent produseer

witmielies en gedurende strooptyd (Julie)

verhandel die mielieprys teen R1 800/ton

en die Desember-termynprys verhandel

teen R2 000/ton. Indien die produsent die

verkoop- en kooptermynkontraktestrategie

wil volg omdat hy van mening is dat die

pryse goeie ondersteuning tussen Julie en

Desember behoort te vind, sal die produsent

die mielies direk na stroop teen R1 800/ton

in die mark verkoop en die inkomste

ontvang.

Die produsent sal dan ‘n Safex-termynkon-

trak vir lewering in Desember teen die

huidige Desember-termynprys van R2 000/

ton koop. Dit beteken dat die produsent se

prysrisiko met hierdie strategie onbeperk

is. Indien die markprys toeneem tot bo

R2 000/ton, sal die produsent wins maak

en indien die prys laer as R2 000/ton

verhandel, sal die produsent met die stra-

tegie ‘n verlies maak.

Grafiek 1

is ‘n grafiese voorstelling van die

gebruik van die koop en verkoop van Safex-

termynkontrakte-strategie.

Verkoop die fisiese mielies

en koop Safex-koopopsies

(

call-opsies

)

Deur van die strategie gebruik te maak, bied

die produsent aan homself die geleentheid

om steeds ‘n voordeel uit ‘n stygende mark

te kan trek, terwyl hy sy prysrisiko in die

mark beperk. Wanneer die produsent van

die strategie gebruik maak, sal hy die graan

na strooptyd in die fisiese mark verkoop en

dan koop-opsies op Safex koop.

Dit sal vir die produsent ‘n kontant-invloei

tydens strooptyd verseker waarmee hy sy

produksiekoste vir die seisoen kan delg en

die koop-opsie op Safex sal vir hom die

geleentheid bied om wins te maak sou die

markprys toeneem.

Die produsent betaal egter ‘n premie vir

die koop van die opsie en die produsent se

risiko is beperk tot die opsiepremie.

Grafiek 2

is ‘n grafiese voorstelling van

die wins of verlies wat gely word met die

gebruik van die Safex-koop-opsiestrategie.

Veronderstel die produsent produseer

witmielies en gedurende strooptyd (Julie)

verhandel die mielieprys teen R1 800/ton en

die Desember-termynprys verhandel teen

R2 000/ton. Indien die produsent die

call

-

strategie wil volg omdat hy van mening is

dat die pryse goeie ondersteuning tussen

Julie en Desember behoort te vind, sal die

produsent die mielies direk na stroop in

die mark teen R1 800/ton verkoop en die

inkomste ontvang.

Die produsent sal dan ‘n

call

-opsie op Safex

vir lewering in Desember teen die huidige

Desember-termynprys van R2 000/ton koop

en ‘n premie van R150/ton betaal.

Dit beteken dat die produsent se risiko met

die strategie beperk is tot en met R150/ton,

maar dat die produsent steeds wins kan

maak indien die pryse toeneem tot hoër as

R2 150/ton.

Ten slotte

Alhoewel daar ‘n groot aantal verskillende

alternatiewe is wat produsente kan aan-

wend vir bemarkingsdoeleindes, is dit

noodsaaklik dat produsente nie die hoofdoel

van die strategie vergeet nie. Die eerste

belangrike punt waarom die produsente

na-stroopbemarking van die graan moet

oorweeg, is om ‘n beter prys te probeer

realiseer terwyl hy die risiko daaraan

verbonde so laag as moontlik probeer hou.

Die verskillende strategieë soos in die

artikel genoem, is van die heel basiese

strategieë wat produsente kan oorweeg

– wat relatief maklik verstaanbaar en bruik-

baar is. Wanneer produsente hierdie stra-

tegieë inspan, is dit noodsaaklik dat hul

hulself moet vereenselwig van die werking

van die strategie en die risiko verbonde aan

die strategie ten einde onnodige verliese te

verhoed.

In die volgende gedeelte van die reeks

sal meer berekeninge met betrekking tot

die verskillende strategieë gepubliseer

word.

Grafiek 2: Grafiese voorstelling van die wins en verlies per ton by die gebruik van ‘n Safex-

call

-opsie.

Hierdie is slegs ‘n voorstelling. Grafiek 2 sluit nie inkomste van fisiese graanverkope in nie, maar slegs moont-

like wins en verlies by die gebruik van die strategie gegewe verskillende prysbewegings

.

Winste word by die

fisiese verkoopprys getel terwyl verliese daarvan afgetrek word.