Previous Page  57 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 57 / 84 Next Page
Page Background

55

April 2018

nou word daar op ‘n gereelde basis implemente gekoop, herstel en

weer verkoop. Hulle adverteer gereeld in die media en sodoende

word groot getalle van hul toerusting gekoop en verkoop. Nie net

word wins gemaak nie, maar daar word ook werksgeleenthede vir

werkers geskep en onderhou.

Mynbou-aktiwiteite

Mynbou-aktiwiteite raak toenemend ‘n bedreiging en prospek-

tering kom al hoe meer na vore. Die onvoorspelbaarheid van

wanneer waar geprospekteer en gemyn mag word, maak van

langtermynbeplanning ‘n groot uitdaging.

Boshoff vereis eers ‘n omgewingsimpakstudie voordat daar ge-

prospekteer kan word.

Die Boshoffs laat egter nie toe dat dit hul van stryk bring nie en

fokus op die toekoms.

Menslike hulpbronne

Effektiwiteit en winsgewendheid is op hierdie plaas van groot be-

lang. Werknemers bly steeds die belangrikste faktor om effektiwiteit

en doeltreffendheid te verhoog. Die Boshoffs doen moeite om hul

werknemers se prestasie op gereelde basis te monitor en seker te

maak dat hulle binne die riglyne presteer.

Goeie kommunikasie is essensieel. Gereelde vergaderings waar

alle bestuurders teenwoordig is, word gehou en sodoende is

alle bestuurders 100% ingelig oor wat elke afdeling se verant-

woordelikhede is. Tydens vergaderings word vindingryke planne

uitgeruil en kry almal geleentheid om hul planne te deel.

3

5

4

3: ‘n Indrukwekkende blok sojabone. Ongeveer 50% van die lande word met soja beplant.

4: Vir die mielievertakking is maksimum wins per hektaar ononderhandelbaar. Bemarking vorm ‘n integrale deel van mielieverbouing.

5: Die Boshoffs bedryf ‘n voorslag Bonsmarastoet en poog om die beste genetiese materiaal aan die bedryf te lewer.