Previous Page  46 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 46 / 84 Next Page
Page Background

April 2018

44

Dooiepunt

in omdraaistrategie vir koring?

D

ie koringbedryf is tans onder erge druk weens die kwy-

nende volhoubaarheid van die bedryf. Tydens die onlangse

Graan SA Kongres se spesiale koringsessie is daar talle

redes hiervoor geïdentifiseer, waarvan die belangrikste

is: Plaaslike pryse stem nie ooreen met die internasionale waarde

van dieselfde kwaliteit koring nie.

Die kosteknyptang bly ‘n groot uitdaging en opbrengsverhogings

hou nie kers vas met die stygings nie. Die koringprodusent het nie

‘n spektrum van alternatiewe gewasse om risiko te bestuur nie. Dit

was van die knelpunte wat uitgelig is – en natuurlik is daar nog ‘n

magdom ander aspekte wat ook genoem is.

In 2014 het die Koringforum ‘n omdraaistrategie met verskillende

uitkomste op die tafel gesit, wat onder andere insluit graadgewaar-

borgde kontrakte, verwydering van ingevoerde koringdiskonto,

graadprysverskille (4% en 2%), minimum proteïenvlakke wat

aangepas moes word, verwysingsprys van koring, verslapping van

vrystellingskriteria en chemiese paspoortstelsel.

Aanvanklik is daar betreklik stadig vordering in terme van die om-

draaistrategie gemaak en is besluit om die proses in verskillende

fases op te breek.

Fase 1

Fase 1 het die verwydering van die kultivarlys en verslapping van

vrystellingskriteria ingesluit, tesame met die graadgewaarborgde

kontrakte, verwydering van ingevoerde koringdiskonto en graad-

prysverskille. Dit was rolspelers se eerste stap om te bewys dat

verandering wel kan plaasvind. Hieroor is die bedryf baie dankbaar.

Hierdie fase is in 2016 en 2017 met stampe en stote afgehandel.

Tesame met dié veranderinge, is daar ook die inisiatief in plek

gestel om ontwikkeling van nuwe saad- en kultivartegnologie

te bevorder, naamlik die eindpunttantiemestelsel wat by South

African Cultivar and Technology Agency (SACTA) gesetel is. Die

hoofdoel is om nuwe tegnologie te ontwikkel ten einde die Suid-

Afrikaanse koringopbrengste te verhoog.

Fase 2

Fase 2 is egter die grootste uitdaging, waar die verandering in

die graderingstelsel moet plaasvind. Na eindelose gesprekke

en onderhandelings, het die kopers van koring die verandering

teengestaan en dit het tot gevolg gehad dat daar nie verdere

vordering plaasgevind het nie. Die Forum was genoodsaak om weer

‘n gesamentlike sessie te hou om die pad vorentoe te bespreek.

Verskeie rolspelers het dit duidelik gemaak dat die omdraaistrate-

gie se doel is om die produsente volhoubaar te maak en sodoende

produksie te bevorder. Dit het egter later in die gesprekke geblyk dat

dit nie almal se motief/siening is nie.

Dit bly belangrik om Fase 2 van die omdraaistrategie te implemen-

teer, omdat van die veranderinge die knelpunte kan oplos. Die

verandering in gradering klink na ‘n klein verandering, maar dit het

wesenlike uitkomste.

OP PLAASVLAK

Graderingstelsel / Koringkwaliteit / Oplossings

Volhoubaarheid

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

13 Maart 2018

Grafiek 1: Vergelyking tussen produsenteprys in die Kaap met ‘n Kaapse invoerpariteitsprys.