Previous Page  54 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 54 / 84 Next Page
Page Background

April 2018

52

OP PLAASVLAK

Deel 3

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

saamgevat

NA-STROOPBEMARKING

Reeks

Alternatiewe om te oorweeg

i

n die vorige gedeeltes van die

reeks is meer gefokus op wat na-

stroopbemarking is, asook die faktore

waarop gelet moet word wanneer

produsente

na-stroopbemarking

oorweeg. In hierdie gedeelte van

die reeks sal meer gefokus word op die

verskillende alternatiewe wat produsente

moontlik kan oorweeg vir na-stroopbe-

markingsdoeleindes.

Hierdie alternatiewe sluit die fisiese stoor

van graan in, sowel as die gebruik van

Safex-afgeleide kontrakte.

Stoor graan om later

te verkoop

Die fisiese stoor van graan om later te

verkoop, is sekerlik een van die mees

algemene strategieë wat produsente oor-

weeg vir die na-stroopbemarking van

graan. Dit is ook een van die strategieë wat

algemeen deur produsente gebruik word

vanweë die bekendheid daarvan.

Dit word ook allerweë as die laer risiko

strategie beskou, aangesien die produsent

steeds beheer het oor die geproduseerde

graan solank dit in sy besit bly. Daar is

egter ‘n paar faktore wat produsente moet

oorweeg wanneer hulle hierdie strategie

inspan, waarvan koste en kontantvloei seker

die belangrikste is.

Indien die produsent nie die graan gedu-

rende strooptyd verkoop nie, maar opberg

om later te verkoop wanneer die pryse

moontlik meer gunstig verhandel, sal die

produsent nie ‘n kontant-invloei tydens

strooptyd ontvang nie. Dit kan moontlik lei

tot druk op die produsent se kontantvloei

en finansiële posisie.

Dit is ook noodsaaklik dat produsente goed

vertroud is met die kostes verbonde aan

hierdie strategie. Die koste verbonde aan

die stoor van graan strek verder as slegs

die koste van opberging en produsente

moet ook die rentekoste in ag neem wan-

neer hulle hierdie strategie oorweeg.

Die stoorkoste verwys na die koste wat deur

die produsent betaal moet word wanneer die

fisiese graan in kommersiële stoorfasiliteite

geberg word. Hierdie koste word algemeen

as ‘n dagstoortarief per ton gehef.

Die rentekoste verbonde aan die stoor

van graan is tweeledig en bestaan uit die

geleentheidsrente-inkomste wat die pro-

dusent verbeur omdat daar nie ‘n kontant-

invloei is nie, asook rentekoste op die

uitstaande produksiekrediet indien dit nie

gedek word nie.

Verkoop en koop Safex-

termynkontrakte

Met die gebruik van hierdie strategie sal

die produsent die geproduseerde graan na

strooptyd in die mark verkoop en dan Safex-

termynkontrakte op die termynmark gaan

koop. Die strategie is grootliks op dieselfde

strategie as die stoor-strategie gebaseer en

die produsent sal hierdie strategie oorweeg

om te probeer wins maak uit prystoenames

in die mark deur die loop van die seisoen.

Deur die graan in die fisiese mark te ver-

koop, kry die produsent ‘n kontant-invloei

tydens strooptyd, wat aangewend kan word

om die produksiekoste te delg, terwyl die

produsent homself steeds in die posisie

Grafiek 1: Grafiese voorstelling van die wins en verlies per ton by die gebruik van ‘n Safex-koop-

termynkontrakstrategie.

Hierdie is slegs ‘n voorstelling. Grafiek 1 sluit nie inkomste van fisiese graanverkope in nie, maar slegs moont-

like wins en verlies by die gebruik van die strategie – gegewe verskillende prysbewegings. Winste word by die

fisiese verkoopprys getel terwyl verliese daarvan afgetrek word.