Previous Page  49 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 84 Next Page
Page Background

van die seisoen nader aan die uitvoerpari-

teit behoort te verhandel, ontstaan daar

heelwat vrae onder produsente oor die be-

marking van graan.

Produsente is onseker oor die verskillende

alternatiewe wat beskikbaar is en wat oor-

weeg moet word. In die res van die artikel

sal daar ‘n paar basiese strategieë bespreek

word, asook die faktore wat in ag geneem

moet word wanneer produsente hierdie

besluite moet neem.

Koop ‘n Safex-verkoopopsie

(

put-opsie

)

Die koop van ‘n verkoop (

put

)-opsie is een

van die mees basiese strategieë wat pro-

dusente kan oorweeg. Dit bied ook aan

hulle ‘n beperkte risiko, terwyl dit hul steeds

die geleentheid bied om ‘n beter prys te re-

aliseer sou daar moontlik ondersteuning in

die mark kom en die mark tydens strooptyd

sterker verhandel.

Met hierdie strategie sal die produsent ‘n

premie op die koop van die opsie betaal

en daarom sal sy risiko beperk wees tot

die premie wat van die netto prys afgetrek

sal word.

Die Safex-geelmielieprys vir lewering in

Julie 2018 verhandel tans teen ongeveer

R2 100/ton en die produsent sal ‘n

put

-op-

sie teen ‘n prys van R2 100/ton koop. Hier-

die opsie sal die produsent tans ongeveer

R100/ton kos en deur van hierdie stra-

tegie gebruik te maak, sal hy ‘n minimum

Safex-prys van R2 000/ton vir die seisoen

vasmaak.

Indien die markprys deur die loop van die

seisoen toeneem, sal die produsent daar-

by kan baat vind en die mielies teen ‘n

hoër prys in die mark verkoop, met slegs

die R100/ton-premie wat afgetrek word.

Grafiek 1

is ‘n grafiese voorstelling van die

Safex-prys wanneer ‘n verkoop (

put

)-opsie

gekoop word.

Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat die opsie vir

die produsent ‘n minimumprys vasmaak.

Hy kan dan steeds voordeel uit ‘n stygende

mark trek – sou die pryse so reageer. Dit is

egter noodsaaklik dat hy die fundamentele

inligting in gedagte moet hou wanneer be-

markingsbesluite geneem word.

Die opwaartse potensiaal en die afwaartse

risiko moet altyd saam met die koste van

die strategie in ag geneem word. Die be-

rekeninge in die strategie sluit slegs die

opsiepryse in en nie ander kostes soos be-

markingskoste gehef deur die handelaars,

of rentekoste, nie.

Produsent teken ‘n

vastepryskontrak

Die vastepryskontrak is ook ‘n betreklik

basiese verskansingsalternatief, wat alge-

meen deur produsente gebruik word. Met

hierdie strategie sal die produsent gewoon

‘n voorseisoenkontrak met die koper van

die graan, teen ‘n spesifieke prys, teken.

Hierdie kontrak is gewoonlik die goedkoop-

ste alternatief en die koste daaraan ver-

bonde is minimaal in vergelyking met van

die ander kontrakte. Vastepryskontrakte

kan veral oorweeg word in situasies waar

die graanpryse reeds laag is, aangesien daar

nie beduidende addisionele kostes daaraan

verbonde is – wat verdere aftrekkings van

die produsenteprys na vore sal bring – nie.

Die een ding wat produsente in gedagte

moet hou wanneer hulle hierdie kontrakte

sluit, is dat hulle verplig sal wees om die

gekontrakteerde tonnemaat aan die koper

te lewer. Indien die produsent nie die tonne-

maat kan lewer nie, sal hy in meeste gevalle

‘n boete en marges betaal indien die mark

op daardie tydstip van lewering nie in sy

guns is wat betref die posisie wat in die

mark ingeneem is nie.

Minimum/maksimum

kontrak

Wanneer die produsent die minimum/mak-

simumpryskontrak gebruik, sal hy daar-

deur ‘n minimumprys waarteen hy sy graan

tydens strooptyd sal verkoop vasstel, terwyl

daar steeds tot ‘n mate spasie is om deur

die loop van die seisoen voordeel uit ‘n

positiewe prysbeweging te trek.

Om hierdie strategie te volg, sal die pro-

dusent ‘n

put

-opsie koop, met ‘n trefprys

gelykstaande aan die huidige Julie 2018-

termynprys. Dit staan bekend as ‘n by-die-

geld-opsie. Hy sal dan ook terselfdertyd ‘n

call

-opsie met ‘n hoër trefprys as die hui-

dige Julie 2018-termynprys verkoop – wat

bekend staan as ‘n uit-die-geld-

call

-opsie.

Die inkomste verkry uit die verkoop van die

call

-opsie sal ‘n gedeelte van die premie vir

die koop van die

put

-opsie opmaak. Hierdie

strategie is daarom goedkoper.

Tans verhandel die Julie 2018-geelmielie-

kontrak teen ongeveer R2 100/ton en kos

die koop van ‘n

put

-opsie met ‘n trefprys

van R2 100/ton, ongeveer R100/ton. Die pro-

dusent kan dan egter gaan vasstel teen wat-

ter trefprys hy die

call

-opsie wil verkoop. Dit

sal ‘n impak op die inkomste verkry uit die

verkoop van die

call

-opsie hê.

Gestel die produsent verkoop die

call

-opsie

vir lewering in Julie 2018 teen ‘n trefprys

van R2 300/ton. Dan sal dit vir hom ‘n

inkomste van ongeveer R28/ton beteken.

Die netto effek op die premiekoste sal dan

egter vir hom -R72/ton wees. Hy sal met

ander woorde met die gebruik van hierdie

strategie ‘n minimum Safex-verkoopprys

van R2 028/ton hê en ‘n maksimum Safex-

verkoopprys van R2 228/ton – die prys kan

in ‘n bandwydte van R200/ton beweeg.

Die maksimumkant van die prys sal be-

paal word deur die trefprys waarteen die

produsent die

call

-opsie verkoop, maar

hoe hoër hierdie trefprys is, hoe laer is

die inkomste wat verkry sal word deur die

verkoop van die

call

-opsie en hoe duurder

sal die strategie wees.

Grafiek 2: Grafiese voorstelling van die produsent se Safex-prys wanneer ‘n minimum/maksimum-

strategie by verskillende markprysbewegings gebruik word.

47

April 2018