Previous Page  76 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 76 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

74

‘n Voorloper in produktegnologie

M

BFi is ‘n Suid-Afrikaanse multinasionale landbouteg-

nologiemaatskappy, wat sedert sy stigting in 2003

bekendheid verwerf het vir die ontwikkeling en ver-

vaardiging van unieke en topgehalte landbouprodukte.

Dié familiebesigheid se sukses kan daaraan toegeskryf word dat

hul deeglik tred hou met landbou se behoeftes ten einde toepaslike

vaardighede, tegnologie en produkte beskikbaar te stel.

“Ons het ‘n groot hoeveelheid tyd en hulpbronne in infrastrukture

belê wat ‘n nuwe wêreldklas-eenheid vir die formulering van

swamme vir biobeheer, ‘n nuwe fabriek vir spesialiteitsvloeibare

kunsmis en moderne laboratoriums in vennootskap met die

Landbou-uitnemendheidsentrum (AEC) en die Suid-Afrikaanse Saad

Instituut (SASI) insluit,” het mnr Jonathan Etherington, eienaar en

hoof uitvoerende beampte van MBFi, tydens ‘n boeredag op Delmas

gesê.

“Die standaard en beheer van MBFi se produkte is vir ons uiters

belangrik en daarom is ‘n Landbou-uitnemendheidsentrum by die

hoofkantoor op Delmas geskep. Dit is ‘n fundamentele hulpmiddel

in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, wat navorsers in staat stel

om kragte saam te snoer vir kort- en langtermynprojekte met die oog

op die plaaslike en internasionale biotegnologiese markte.”

Tydens die boeredag is aandag geskenk aan revolusionêre teg-

nologie wat oor die afgelope paar jaar ontstaan het, naamlik

korrelkunsmisbekleding. Die hoofdoel daarvan is die verhoging van

die beskikbaarheid van fosfor om die benutting van voedingstowwe

deur gewasse te verbeter. Hierdie tegniek waarborg dat ‘n gewas se

wortels ‘n produk ten volle benut.

‘n Ander belangrike onderwerp wat aandag geniet het, is die mees

wydverspreide mikrovoedingstoftekort in die wêreld, naamlik

boor. Dié tekort, wat byvoorbeeld onvolledige bestuiwing van

mielies tot gevolg kan hê, veroorsaak groot verliese in die produksie

en kwaliteit van gewasse. Produsente is egter gemaan om versig-

tig met die toediening van boor om te gaan, aangesien oortollige

boor plante kan vergiftig.

Weens die belangrikheid van waterkwaliteit in bespuiting is pro-

dusente ook ten sterkste aangeraai om die maatskappy vir ‘n

water-analise te nader. Probleme met waterkwaliteit moet volledig

aangespreek word ten einde doeltreffendheid en opbrengs te

verhoog.

Tydens die boeredag het MBFi hom weer eens verbind tot die

verskaffing van uitmuntende diens en produkte aan die Suid-

Afrikaanse produsent en nasionale handelaars.

AKTUEEL

MARIËTTA CRONJÉ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Gedurende 2016 en 2017 is nie minder nie as 4 000 stroke geplant

ten einde 200 produkte oor verskeie bio-klimaatstreke heen te toets.

2: MBFi se Landbou-uitnemendheidsentrum, wat soortgelyk is aan

die uitnemendheidsentrum in Rizobacter in Argentinië, toets die

nuutste tegnologie beide in hul laboratoriums sowel as in die veld.

3: ‘n Volledige saadbehandeling wat vir koring, mielies, sonneblom,

graansorghum en rog ontwikkel is, het oor die afgelope seisoene

van 16 proewe gelei tot ‘n gemiddelde verhoging van 280 kg/ha in

opbrengs.

4: MBFi word as familiebesigheid deur Jonathan Etherington en sy

twee seuns, Martin en Steven, bestuur.

2

3

1

4

Produk-inligting