Previous Page  72 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 72 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

70

AKTUEEL

Bewaringskonferensie

“Dit il voo kom asof bewaringslandbou vir Ottosdal gemaak is

as ‘n mens kyk na die tempo van verdamping in die area – 2 400 mm

per jaar,” het hy ter inleiding van die bespreking van sy proefresul-

tate gesê. “Dekgewasse kan daarom ‘n groot bydrae maak – nie net

vir diversiteit nie, maar ook om vog en ekostelseldiente meer effektief

te benut. Peulgewasse verskaf bevredigende kroonbedekking

– bykans 100%, wat voghouvermoë verbeter.”

Die persentasie grondorganiese materiaal is belangrik vir grond-

gesondheid. “Nadat 2% organiese materiaal in die grond

gerealiseer is, begin ‘n mens die positiewe resultate soos struk-

tuurbou sien. Met babala op mielies is aggregaatstabiliteit in ‘n

paar jaar redelik goed bevorder. Dolichos en babala het infiltrasie-

vermoë beduidend bevorder. Wat grondgesondheid betref, wil dit

voorkom asof die mengsels wat geplant is siektes soos wortel- en

kroonvrot onderdruk. Kompaksie is ‘n uitdaging wanneer diere by

die stelsel geïntegreer word.”

Hy sê dit is belangrik dat produsente sal meet om te weet – wat

is beskikbaar, wat is deur diere gebruik en wat is oor – sodat ons

daardie voeromsetverhoudings kan uitwerk en dit in geld kan omsit.

Hy sien dekgewasse as ‘n voertuig na volhoubaarheid.

Dr André Nel, onafhanklike navorser, is van 2014 af betrokke by

die proewe wat op Ottosdal geplant word en het verslag gelewer

oor die afgelope jaar se proewe. Sy algemene waarnemings is

dat die proewe vir hom bevestig het dat nouer rye en ‘n hoër

plantpopulasie beter vaar en dat mielies beter in bewaringslandbou

as in konvensionele bewerking vaar. Laasgenoemde is veral as

gevolg van afloop en erosie in bewerkte lande as gevolg van die

swak infiltrasietempo, terwyl dit verbeter met bewaringslandbou.

Daarom sal geenbewerking uitstekend werk in droogtejare – veral

wanneer dit droog is in Januarie/Februarie.

In die middag is die proefpersele besoek, wat elk beman is deur ‘n

kundige wat inligting oor die proewe verskaf het. Hierdie proewe

is deur die Ottosdal No-till Klub onderneem as deel van die projek

wat die Mielietrust onder die Bewaringslandbou Boere-Innove-

ringsprogram by Graan SA befonds. Uit 16 van 19 proewe was die

opbrengs van mielies in nouer rye en ‘n hoë plantestand (optimaal

30 000 tot 40 000), hoër as met wyer rye en ‘n laer plantestand.

Sojabone het die beste na akkerbone presteer, swak na voer-

sorghum en gemiddeld na graansorghum, sonneblom en mielies.

Sonneblom het beter na voersorghum en swakker na graansorghum

presteer. Uit al die proewe was dit duidelik dat hoe groter en

beter die bedekking van grond, hoe beter is die opbrengs.

Tweede dag

Dr Hendrik Smith, bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA, het die

eerste aanbieding op die tweede dag gelewer. Hy het ‘n opsomming

gegee van waar bewaringslandbou in Suid-Afrika staan. Om almal

se geheues te verfris het hy net weer herinner aan die seine wat

Moeder Aarde vir ons stuur: Watererosie, winderosie, klimaats-

verandering en ekstreme klimaatgebeure – en die effek wat dit alles

het, soos ons biodiversiteit wat in gevaar is, sowel as die effek van

die chemikalieë wat ons gebruik.

Hy het daarop gewys dat daar sedert 1992, nadat die Rio Kli-

maatsveranderingskonvensie doelwitte gestel het om die effek

van klimaatsverandering, grondagteruitgang en die verlies van

biodiversiteit op die aarde te vertraag, daar nog geen vordering

plaasgevind het nie, die omgewing steeds aanhou verswak en ‘n

ernstige bedreiging vir die voortbestaan van lewe op aarde inhou.

Deur middel van bewaringslandbou kan ons die situasie omdraai.

Die beginsels van bewaringslandbou bied die addisionele voordeel

dat grondgesondheid verbeter en tot laer insetkostes lei, wat

produktiwiteit en winsgewendheid sal verhoog. Dit sluit in minimale

grondversteuring, diversifisering (verskeidenheid gewasse en die

The nation that

destroys its soil

destroys itself.

5

6

5: Hannes Otto (links) bespreek die proef by die proefperseel wat hy beman het.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA

6: Hier is ‘n bees besig om dekgewasse by een van die proefpersele te bewei.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA

– Franklik D Roosevelt,

vorige Amerikaanse president