Previous Page  73 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 73 / 84 Next Page
Page Background

71

May 2018

integrasie van lewende hawe), permanente grondbedekking en

die maksimalisering van lewende wortels in die grond.

In die lig van die drasties-stygende insetkostes is bewaringslandbou,

reg toegepas, die antwoord vir die toekoms. Hy het daarop gewys

dat hul in ‘n studie van waar en hoe bewaringslandbou in Suid-Afrika

toegepas word, bevind het dat daar swak aanvaarding daarvan in

al die provinsies is – en dat veral die hoofgraangebiede dit nog nie

aanvaar het nie.

Hierna het mnr GP Schoeman van AgriSol kortliks oor grondontle-

dings en aanbevelings gepraat. Daar is drie beginsels wat

vir hul belangrik is: Verhoudings tussen elemente, kalsium:

magnesiumverhouding en grondgesondheid. Hulle doen organiese

en anorganiese ontledings elke derde jaar, meet grondgesondheid

jaarliks en maak aanbevelings op grond van die gewas en doelwit vir

die spesifieke land en moniteer dit deur die seisoen.

Die tema “grondgesondheid” is na ‘n ander vlak geneem deur

dr Ronel Hendriks, hoofwetenskaplike beampte van ABM Africa, in

haar aanbieding oor grondgesondheid en mikrobiologie. Sy vorm

deel van hul internasionale navorsingspan, wat uitgebreide navorsing

oor die tema doen, waarin hulle probeer om te verstaan wat die

dinamika van grond is en wat die interaksie tussen grondorganis-

mes is.

Sy het klem daarop gelê dat die regte organismes (mikorisa) reeds

in grond op ‘n spesifieke plaas teenwoordig is – grondlewende

organismes is dus plek- en klimaatspesifiek en verskil van een

plaas na die volgende. Produsente moet daarom nie probeer om

daarmee in te meng nie, maar eerder op bewaringslandboupraktyke

fokus om wanbalanse te verhoed en die regte organismes te aktiveer

ten einde plantgesondheid en weerstand teen siektes te bevorder.

Mnr Hennie du Toit, vee- en weidingskundige, Obaro en ook voor-

heen verbonde aan NWK, het die voordele van hoëdrukbeweiding

in die Noordwes Provinsie aan kongresgangers voorgehou. Volgens

hom is weiding oor die algemeen besig om te verswak en moet veld-

en weidingsbestuur noukeuriger toegepas word.

In navorsing is bevind dat waterafloop van tot 180% meer by swak

weiding as by goeie weiding voorkom. Beter weiding verhoog

produksiedoeltreffendheid en opbrengs. Die belangrikste beginsel

vir hoëdrukbeweiding is kort, vinnige beweiding en lang rus. Die

produsente kan, afhangende van hul beskikbare hulpbronne, kies

om matige hoëdrukbeweiding, hoëdrukbeweiding of ultrahoë-

drukbeweiding toe te pas.

Met hoëdruk- en ultrahoëdrukbeweiding word meer bestuursinsette

vereis. Dit hou egter heelwat voordele in soos die verbetering van die

weiding oor tyd, benutting van onbenutte grasspesies (ongewenste

grasspesies verdwyn oor tyd en drakrag verhoog), brandbane en

padreserwes word benut, diere word mak weens hantering, mis en

urine op weiding bevorder vrugbaarheid en groter wortelmassa en

plante kom voor as gevolg van kort beweiding en lang rus.

7

9

8

10

7: Só lyk dekgewasse na beweiding

. Foto: Dirk Kotze, Graan SA

8: Chris van Gerve (navorsingstegnikus, NWK-adviesdienste) geniet ‘n koppie tee saam met Wimpie Marais (Monsanto)

en Hennie du Toit.

9: Dr Ronel Hendriks het lekker met Sandra en Adriaan Dreyer gesels. Adriaan is verbonde aan SGS en NviroCrop.

10: Marleen Smith (

Landbouweekblad

) oorhandig die prys vir die beste spreker aan Izak Dreyer en Koos Bezuidenhout.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA