Previous Page  81 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 81 / 84 Next Page
Page Background

79

Die begin van opwindende

nuwe verwikkelinge

h

yundai Automotive SA se reeks handelsvoertuie het

pas ‘n hupstoot gekry met die bekendstelling van

die nuwe EX 8 Mighty wat die vorige Hyundai HD-

vragmotorreeks vervang.

Hierdie nuweling spog met ‘n aantal nuwe kenmerke en

die beste waarborg in sy klas. Hy word in Hyundai se monteeraanleg

in Benoni aan die Gautengse Oos-Rand vervaardig en sluit hom by

die H 100-bakkie en die H1-paneelwa, as deel van dié maatskappy se

reeks handelsvoertuie, aan.

In vergelyking met die HD is die Mighty se binneruim van 2,9 m

2

na 3,5 m

2

vergroot, terwyl die voorruit ook groter is om uitsig

na buite te verbeter. Die sitplekke kan ook verder agtertoe as

voorheen geskuif word. Die kanttrappe, wat nie gesien kan word

wanneer die deure toe is nie, is ook nou groter om dit makliker te

maak om in of uit die kajuit te klim. Daar is verskeie tipes laaibakke

om van te kies, onder meer ‘n toe bak vir die veilige vervoer van

goedere, asook ‘n wipbak. Die valkantbak wat standaardtoerusting

is, maak dit makliker om goedere op en af te laai.

Die nuwe dieselenjin met ‘n verplasingsinhoud van 3 907 cc voldoen

aan Euro 3-besoedelingstandaarde en het ‘n vyfgang-handratkas

as standaardtoerusting. Dié enjin lewer 103 kW teen 2 800 opm

en wringkrag van 373 Nm teen 1 600 opm. Die duursaamheid

en betroubaarheid van Hyundai se enjins het die maatskappy in

staat gestel om ‘n waarborg van vier jaar, ongeag die kilometeraf-

stand, te bied. Die maatskappy bied ook padbystand van drie jaar of

200 000 km. Hyundai Automotive SA word ook dadelik in kennis

gestel sodra een van sy voertuie ingesleep word. Dit verseker dat die

handelaars die voertuig so vinnig as moontlik weer op die pad kry.

Die maatskappy ondersoek ook die moontlikheid om verskeie

nuwe modelle, soos die groter H 350-paneelwa en bus, bekend

te stel en om ‘n outomatiese ratkas vir die Mighty beskikbaar

te stel.

Volgens mnr Wade Griffin, die direkteur van handelsvoertuie van

Hyundai Automotive SA, is die Mighty die begin van opwindende

nuwe verwikkelinge. Hy word gerugsteun deur 40 handelaars

en 37 dienssentra wat regoor die hele land, asook in Botswana,

Swaziland, Zimbabwe en Namibië, geleë is. Dit verseker dat al

die belangrike roetes in Suider-Afrika gedek word. Verder sê hy

dat die bekendstelling van die Mighty plaasvind in ‘n tyd wanneer

Hyundai uiters optimisties is oor die toename in die verkope van

handelsvoertuie wat binne die volgende vyf jaar plaas behoort

te vind.

Hyundai se monteeraanleg is in 2014 geopen en produksie is in

volle swang. Op die oomblik kan meer as 400 eenhede van die

EX 8 Mighty en die H 100-bakkie vervaardig word. Daarby kan die

aanleg ook ombouings na aanleiding van klante se behoeftes uitvoer

– wipbakke en toe paneelwabakke kan onder meer vir die voertuie

aangebring word.

“Hyundai streef daarna om sakelui te ondersteun om hul on-

dernemings te laat groei deur aan hulle handelsvoertuie van

hoogstaande gehalte, wat aan hul spesifieke behoeftes voldoen,

te bied. Ons bied duursame voertuie teen billike pryse, met lang

waarborge vir gemoedsrus en lae loopkoste,” sê Griffin.

Die EX 8 Mighty-reeks se pryse, sonder BTW, is soos volg:

EX 8 Mighty LWB (onderstel en kajuit): R379 500

EX 8 Mighty LWB (onderstel en kajuit met lugversorger):

R413 100

EX 8 Mighty valkant: R413 100

EX 8 Mighty valkant met lugversorger: R428 100

EX 8 Mighty wipbak: R451 500.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Mei 2018

Die nuwe Hyundai EX 8 Mighty.