Previous Page  74 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 74 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

72

Onkruide se weerstandigheid

bedreig voedselsekerheid

K

ommer heers by landbouchemiese maatskappye dat ‘n

groot hoeveelheid van die wêreld se onkruidspesies nie

meer op toepaslike onkruiddoders reageer nie. Die meeste

weerstandige onkruidspesies kom in koring voor en dit hou

‘n ernstige bedreiging vir wêreldwye voedselsekerheid in.

Tydens ‘n onlangse Syngenta inligtingsdag op Brits het

mnr Francois Viljoen, tegniese velddeskundige op die gebied van

onkruiddoders, gesê dat 254 wêreldwye onkruidspesies nie meer

op die 163 toepaslike onkruiddoders reageer nie. Dit is veral in die

koringbedryf wat die weerstandigheid voorkom en daar is sterk

aanduidings dat die voortdurende gebruik van dieselfde chemiese

middel as die groot sondebok gesien kan word.

“Die ontwikkeling van weerstand hang van faktore af soos die

onkruidlading in ‘n land, die natuurlike voorkoms van weerstandige

plante, hoe gereeld en in watter hoeveelhede onkruiddoders met

dieselfde werking toegedien word en wisselbou. Sodra daar meer

weerstandige plante as vatbare plante is, het die produsent ‘n

weerstandige populasie op hande,” sê Viljoen.

Dr PJ Pieterse van die Departement Agronomie aan Universiteit

Stellenbosch, het in ‘n aanbieding daarop gewys dat daar in die

volgende 20 jaar geen onkruiddoder met ‘n nuwe meganisme van

aksie gaan verskyn nie. Landbouers moet verantwoordelik met

beskikbare produkte omgaan en ‘n bestuursprogram, wat voor-

opkomsonkruiddoders insluit, in plek hê.

“Voor-opkomsonkruiddoders vorm die ruggraat van onkruidbe-

heer – veral ten opsigte van raaigras in die koringproduksieareas

van die Suidwes-Kaap. Daar is min na-opkomsonkruiddoders wat

nog effektief op raaigras werk. Daar is egter tans slegs enkele gevalle

van weerstand teen voor-opkomsmiddels wêreldwyd aangeteken.

Dit bly egter belangrik om voorkomend op te tree voordat daar

weerstand ontwikkel,” sê dr Pieterse.

“In koring word daar hoofsaaklik van prosulfocarb saam met

triasulfuron, trifluralin en pyroxasulfoon gebruik gemaak. Die

pyroxasulfoon het ‘n ander meganisme van aksie as die ander

drie onkruiddoders en afwisseling daarmee word aanbeveel.

Daar is egter in Australië bevind dat herhaaldelike toediening

van lae dosisse pyroxasulfoon op ‘n raaigraspopulasie wat geen

weerstand teen enige voor-opkomsonkruiddoders gehad het nie,

binne vier generasies sterk weerstand teen pyroxasulfoon, sowel

as prosulfocarb en triallaat, veroorsaak het. Die omgekeerde is

ook waar deurdat weerstand teen pyroxasulfoon geïnduseer is toe

selfs lae dosisse prosulfocarb toegedien is – al het die twee

onkruiddoders verskillende meganismes van aksie.

“Hierdie kruisweerstand het waarskynlik te doen met hoe die

onkruiddoders in die plant gedegradeer word. Dit is daarom raad-

saam om ook gewasrotasies soos kanola, lupiene en peulplantwei-

dings in te bring. In sulke gewasse kan daar dan met onkruiddoders

van ander meganismes van aksie soos propisamied, atrasien en

simasien gebruik gemaak word. Landbouers moet dus onkruiddoders

se meganisme van aksie-groepe, gewasse en onkruidbeheermaat-

reëls in ‘n behoorlike en geïntegreerde onkruidbestuurstelsel ro-

teer,” sê hy.

“Die Internasionale Onkruidoderweerstand-aksiekomitee (OWAK),

bepleit ook ‘n geïntegreerde benadering tot onkruidbestuur,” sê

mnr Christian Giesel, produkbestuurder: Graan en sagtevrugte,

Syngenta. “Onkruiddoderweerstand is egter nie ‘n onoorkomelike

probleem nie, maar die bekamping daarvan lê grotendeels in

produsente se hande. Syngenta beskou derhalwe die opleiding van

produsente in dié verband as een van ons belangrikste take.”

AKTUEEL

MARIËTTA CRONJÉ,

SA Graan/Grain

medewerker

Produk-inligting

1: Dr PJ Pieterse het landbouers ten sterkste aangeraai om ‘n volledige bestuursprogram vir die bekamping van onkruid

in plek te hê. Saam met hom is Christian Giesel (regs).

2: Francois Viljoen het klem daarop gelê dat swak waterkwaliteit die effektiwiteit van onkruiddoders ongunstig

beïnvloed.

3: Wayne van Rensburg, tegnologiebestuurder, Syngenta, het verduidelik dat die maatskappy se Saadbehandelings-

instituut verantwoordelik is vir saadveiligheidstoetse, saadvoorbereiding vir proewe, die ontleding van behandelde saad,

resepontwikkeling en -toediening, asook aanplantbaarheidstoetsing.

1

2

3