Previous Page  78 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 78 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

76

Saadmaatskappy vier

sy

GOUE

jubileum

M

onsanto SA vier vanjaar sy goue bestaansjaar in

Suid-Afrika. Hierdie merkwaardige reis het 50 jaar

gelede op 14 Februarie 1968 begin, toe Monsanto as ‘n

verskaffer van landbouprodukte geregistreer is. Dié vyf

dekades is gekenmerk deur die positiewe bydrae wat Monsanto tot

Suid-Afrikaanse landbou gelewer het.

“Gedurende die 50 jaar is die produsent se voordeel as einddoel

gestel en het Monsanto deur navorsing ‘n wye reeks geïntegreerde

oplossings om produktiwiteit te verbeter, gebied. Dit sluit onder

andere moderne planttelingstegnieke, gewasbeskermingsmiddels,

datawetenskap, bewaringslandboupraktyke en ander gevorder-

de produksiemetodes, biologiese middels, innoverende saadver-

werkingsmetodes, tegniese ondersteuning en biotegnologie in,”

het mnr Kobus Steenekamp (besturende direkteur, Monsanto SA)

tydens die verjaardagvieringe in Centurion gesê.

“Monsanto wil graag almal, insluitende besigheidsvennote, kliënte,

verspreiders, die bedryf asook die media, wat die 50-jaarpad

saamgestap het, bedank vir die samewerking en vriendskap.”

Volgens mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder,

Graan SA) het die deregulering van die markte aan die einde van

1996 genoodsaak dat die boerderygemeenskap groot aanpassings

aan hul bedrywighede moes maak. Die Suid-Afrikaanse graanpro-

dusente is egter bekend vir hulle ontvanklikheid vir nuwe tegnologie.

“Die ontwikkeling van saadtegnologie en die aanwending daarvan

deur landbouers het gevolglik ‘n belangrike hoeksteen in die

Suid-Afrikaanse voedselveiligheidstelsel geword. Suid-Afrika is

dan ook die enigste land op die Afrika-vasteland wat aanspraak kan

maak op ‘n voedselveilige status. Monsanto is ‘n sleutelrolspeler in

dié verband en hul verbintenis tot die boerderygemeenskap om die

sektor te ontwikkel, is welbekend.

“Graan SA en Monsanto se vennootskap is van groot waarde

vir beide organisasies en ons vertrou dat dit nog vir baie jare sal

voortduur. Ons wil Monsanto ook hartlik gelukwens met hul 50ste

verjaarsdag,” het De Villiers gesê.

In sy reaksie op Monsanto se halfeeu-mylpaal het dr John Purchase

(hoof uitvoerende beampte, Agbiz) verwys na Monsanto se

belegging in uitstaande genetika en biotegnologie.

“Dit het produktiwiteitswins bevorder en verseker dat ons

mieliewaardeketting wêreldwyd mededingend is teen uitvoerpari-

teitsprys. Dit dra by tot die globale mededingendheid van land-

bouvoedselkettings, waarvan mielies ‘n belangrike hulpbron is

– insluitende die rooivleis-, die braaikuiken- en die suiwelbedryf, ”

aldus dr Purchase.

“Ons wens Monsanto voorspoed toe met hul volgende 50 jaar van

betrokkenheid in Suid-Afrikaanse landbou.”

AKTUEEL

MARIËTTA CRONJÉ,

SA Graan/Grain

medewerker

3

1

2

Produk-inligting

1: Kobus Steenekamp, regs, en dr Jim Findlay, voormalige besturende

direkteur, sny ‘n verjaarsdagkoek ter viering van Monsanto se

50ste verjaarsdag.

2: Gedurende die verjaarsdagvieringe is erkenning vir bydraes tot

Monsanto se suksesverhaal aan voormalige personeellede gegee:

Kobus Steenekamp, Wally Green, Theunis Uys en dr Jim Findlay.

3: ‘n Hoogtepunt gedurende die afgelope 50 jaar was die internasionale

herdenking van Dekalb se honderdste verjaarsdag in 2012, waartydens

Monsanto SA ‘n veldtog geloods het om komberse vir minderbevoor-

regtes bymekaar te maak.