Previous Page  71 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 71 / 84 Next Page
Page Background

Produsentepaneel

Na die oggendtee van dag twee het ‘n produsentepaneel elk hul

praktiese ervaring van bewaringslandbou met die teenwoordiges

gedeel, waarna vrae deur die paneel beantwoord is:

Mnr Izak Dreyer

Dreyer het gesê dat hulle op ‘n vyfjaarstelsel besluit het, waarvan

hulle nou maar twee jaar voltooi het. Hulle het gevind dat ‘n

somerdekgewas na hawer die beste resultate oplewer en het met

die stelsel hul grondorganiese materiaal van 0,3% na 0,5% per jaar

verhoog. Hul begin al meer miskruiers opmerk met die hoëdrukbe-

weiding wat hul toepas.

Mnr Koos Bezuidenhout

Bezuidenhout van Migdol het gesê dat hy die beginsels van bewa-

ringslandbou gevat het en sy eie metodes daarvoor ontwikkel het.

Hy en sy seun, Jurie, wat saam boer, het saam besluit dat hulle vol-

houbaar wil boer en dat sonlig optimaal benut moet word. Daarvoor

het hul vrugbare grond vol lewe (mikorisa) en lae insetkostes nodig.

Dit is waarom hul op bewaringslandbou besluit het. Hy waarsku dat

daar definitief ‘n oorgangsfase na bewaringslandbou is, maar het

dadelik bygevoeg dat aanhouer wen.

Mnr Wynn Dedwith

“Jou belangrikste stuk toerusting is jou planter,” so het Dedwith van

Parys weggeval. Hy het sommer vinnig ‘n paar wenke gedeel:

Cover

is cool

, pasop vir te nat plant, versteur jou grond so min as moontlik:

Plant stadig, versiening van jou planter is belangrik, want hy moenie

gapings los nie – dit is ‘n spens vir onkruide – en drie kleiner trekkers

is beter as een grote.

Mnr George Steyn

Steyn van Ottosdal het vertel dat sy pa reeds van die bewaringsland-

boubeginsels (deklaag) van 1980 af begin toepas het. Sy uitgangs-

punt is om sy kg/mm reën te optimaliseer. Die norm vir Suid-Afrika

is 8 kg/mm reën vir mielies. In 2010 het hy met

no-till

begin met

600 mm en 8,1 kg/mm reën en in 2017 het hy met 608 mm reën

8,9 t/ha en 14,6 kg/mm reën behaal en nie kunsmis soos gewoonlik

toegedien nie; net 20 N, 15 P en 8 K.

Sy grond het in die tydperk wat hy

no-till

doen al so verbeter dat

hy onlangs die aggregaatstabiliteitstoets (klont grond in water) kon

doen en die water rondom die grond heeltemal helder was soos wat

die “gom” wat mikorisa uitskei, die grond bymekaar hou. “Dit ver-

hoog waterhouvermoë, grondvrugbaarheid en -gesondheid. Dit wat

onder die grond aangaan – die lewe onder die grond – is die belang-

rikste,” het hy afgesluit.

Mnr Cobus van Coller

‘n Voormalige Graan SA-hoofbestuurslid en produsent van Viljoens-

kroon, Van Coller, het ook sy praktiese ervaring van bewaringsland-

bou met die teenwoordiges gedeel. Hy het gesê dat dit ‘n uitdaging

is om bewaringslandbou op sanderige grond toe te pas, maar hy pas

dit al van 2008 af voluit toe.

In ‘n poging om die uitdaging verbonde daaraan om growwe en fyn

saad gelyk te plant te oorkom, het hy ‘n strooier vooraan die trekker

gemonteer en dit so uitgestrooi, en die growwe saad het hy agter

met saadbakke geplant.

Wat die beweiding van dekgewasse betref, het hy gevind dat jy moet

bewei voordat die plant in die saad kom om hergroei te stimuleer,

aangesien die plant ophou groei sodra dit in die saad kom. Hy het

ook skape begin integreer en sit hulle na die beeste in ‘n kamp. Hy

het ‘n berekening voorgehou van tien speenkalwers waarop hy, na

alle uitgawes afgetrek is, ongeveer R7 000/ha wins gemaak het. “So

dit klop mielies nog steeds ver ten spyte van die uitdagings,” het hy

afgesluit.

Gevolgtrekkings

In die paneelbespreking na hierdie produsente se aanbiedings, is

ooreengekom dat produsente by die beginsels moet bly as hul be-

waringslandbou volhoubaar wil toepas. Ander gevolgtrekkings was:

Begin verkieslik met plant by ‘n tandplanter en skakel later oor na

kouters (snywiele).

Vlak ontkiemers kan gestrooi word, maar die ander saad moet jy

in die grond kry.

Vir nouer rye is nuwe tegnologie (implemente en kultivars) be-

langrik; daar is egter kostes verbonde aan die verandering van

rywydtes – wat ‘n uitdaging bly.

In die eerste twee jaar is onkruide nog ‘n uitdaging, maar van jaar

drie af verminder die onkruide.

Hawer onderdruk onkruide en maak grond sag.

Twee sprekers is deur kongresgangers aangewys as die beste spre-

kers van die kongres, naamlik Izak Dreyer en Koos Bezuidenhout.

3: Die saal by Ottosdal Skougronde was volgepak met entoesiastiese bewaringslandbouprodusente.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA

4: Dr André Nel (staande, regs) bespreek wisselbou tydens die besoeke aan die proefpersele.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA

3

4

69

May 2018