Previous Page  70 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 70 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

68

AKTUEEL

fokus op

B

I

O

D

I

V

E

R

S

I

T

E

I

T

O

ttosdal No-till Klub, in samewerking met Graan SA en die

Mielietrust, het op 13 en 14 Maart vanjaar vir die vierde

keer hul jaarlikse konferensie by Ottosdal se skougronde

gehou. Die konferensie se tema was die kritiese rol van

biodiversiteit in die herlewing, veerkragtigheid en winsgewendheid

van bewaringslandbou.

Iets wat in al die aanbiedings uitgestaan het, is dat bewaringsland-

bou se beginsels krities is vir die sukses van hierdie benadering.

Dit is deur beide kundiges in die bedryf en produsente wat

bewaringslandbou toepas, bevestig.

Nadat mnr Dirk Laas (voorsitter van Ottosdal No-till Klub) die

teenwoordiges verwelkom het en ‘n plaaslike leraar, ds Leon Geel,

die verrigtinge geopen het, is die eerste dag afgeskop met ‘n

positiewe aanbieding van die bekende ekonoom, dr Roelof Botha.

Hy glo dat landbou strategies belangrik en ‘n goeie belegging is. “As

struikelblokke tot groei weggeneem kan word, kan ons aansienlik

groei. Ons is op pad boontoe,” het hy gesê.

Prof Johnnie van den Berg van die Noordwes-Universiteit het

daarna oor die rol van ‘n diverse populasie insekte in bewarings-

landbou gepraat. “Daar is ‘n groot aantal voordelige spesies in

mielielande wat ‘n groot rol in die plaagbeheerpiramiede speel, wat

deur chemiese beheer gedood word. Onkruide is noodsaaklik om ‘n

omgewing wat voordelig vir insekte is, daar te stel. Plaagpopulasies

gaan op en af, maar moenie deur die ekonomiese drempelwaarde

gaan nie. Deur ‘n omgewing voordelig vir die natuurlike vyande van

plae te skep, word die natuurlike vyande meer en plae minder.”

Hy noem die liewenheerbesie as voorbeeld, wat daagliks tussen

70 en 100 plantluise moet vreet. ‘n Land met gesonde biodiversiteit

kan duisende van die insekte huisves en sodoende groot getalle van

die plaag verorber en só die plaag beheer.

Diversiteit in gewasverbouing – veral met die fokus op dekgewasse

– is ‘n tema wat deeglik deur prof Chris Dannhauser, ‘n weidings-

kundige, bestudeer en nagevors is. Hy het die voordele van die

aanwending van verskeie soorte en mengsels van dekgewasse in

wisselbou, met die oog op die verbetering van grond en die bevor-

dering van biodiversiteit, na aanleiding van uitgebreide navorsing

daaroor, bespreek. Hy het ook droogtebestande opsies uitgewys

en opbrengste onder verskillende verbouingsomstandighede

voorgehou.

Mnr Izak Dreyer, ‘n produsent van Vrede in die Vrystaat wat al tien

jaar bewaringslandbou doen, het hierna oorsigtelik sy kennis wat

hy in die VSA by produsente wat daar bewaringslandbou toepas

opgedoen het, met teenwoordiges gedeel. Hulle het van Bismarck

in Noord-Dakota tot by Kansas City in die suide – ongeveer 2 500 km

in totaal – gereis.

Die reënval daar is ongeveer 460 mm per jaar, waarvan ‘n kwart

in die winter in die vorm van sneeu is, na ongeveer 800 mm in

Kansas. Hy het sy waarnemings in die volgende woorde opgesom:

“Gaan kyk wat doen die natuur en probeer die natuur naboots.” Hy

het gesê dat die toer hulle oë oopgemaak het en laat besef het dat

grondwater nie die grootste probleem in Suid-Afrika is nie, maar wel

grondorganiese materiaal om die water reg aan te wend.

“Dekgewasse en maniere waarop dit in boerderystelsels ingebring

kan word om dit volhoubaar te maak,” is hoe mnr Gerrie Trytsman

van LNR-Diereproduksie in kort sy aanbieding opgesom het.

Volgens hom is die hoofdoel van dekgewasse om grond te beskerm.

Die meeste van die kontantgewasse wat aangeplant word, gee nie

regtig bedekking van grond nie.

“Dit is krities dat dekgewasse die hele area moet bedek en hul

wortels in die grond teenwoordig is, aangesien dit verdamping en

infiltrasie teëwerk.” Die projek wat in 2013 afgeskop het, is deel van

die Boere-innoveringsprogram waarby Graan SA betrokke is, met

die oog daarop om navorsing te doen oor dekgewasse en projekte

te inisieer. Die grootste aanvanklike doel was bewusmaking en

bevordering van bewaringslandbou.

ADRI THERON,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1: Van die sprekers by die 2018 Ottosdal Bewaringslandboukonferensie was, agter: George Steyn, Wynn Dedwith, Cobus van Coller, dr Hendrik Smith,

GP Schoeman en Izak Dreyer. Voor is Gerrie Trytsman, dr André Nel, prof Chris Dannhauser, prof Johnnie van den Berg en Hennie du Toit.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA

2: Die res van die sprekers was Dirk Laas, Koos Nel (Old Mutual) en dr Roelof Botha.

Foto: Dirk Kotze, Graan SA

1

2