Previous Page  69 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 69 / 84 Next Page
Page Background

‘n

Buitelug-lesinglokaal

wat antwoorde bied

G

ewasbeskerming lewer ‘n belangrike bydrae om goeie

opbrengste in enige gewas te verseker. Villa is fluks besig

om produsente met die nodige inligting toe te rus om

oplossings vir die uitdagings wat gewasbeskerming stel,

te bied.

Die toepassing van ‘n geskikte program op die regte tyd met die

gebruik van die regte toerusting bevat normaalweg die oplossing.

Villa se landboukundiges het egter verder gegaan en ‘n Answer

Plot™-program, oftewel ‘n versameling proefpersele regoor die

land, gevestig. In samewerking met hul Amerikaanse vennoot,

Winfield Solutions, word hul oplossings vir plaaslike onkruide,

plae of siektetoestande op dié persele gedemonstreer.

Lewende laboratoriums

Villa se landboukundiges verwys na die proefpersele (

answer plots

)

as lewende laboratoriums, waar verskillende gewasvariëteite ge-

plant en getoets word. Deur middel van gewasbeskermings- en

plantvoedingstegnologie wat hier geëvalueer word, word ‘n groot

hoeveelheid data jaarliks ingesamel. Die span versamel data om ag-

ronomiese kundigheid te verbeter en om geloofwaardige statistiek

vir produsente wat in soortgelyke omstandighede boer, te voorsien.

Answer Plot-inligtingsdae bied

die antwoord

Gedurende die groeiseisoen word Answer Plot-inligtingsdae op

verskillende datums aangebied. Deur middel van hierdie Answer

Plots word die jongste tegnologie en opleiding aan produsente

oorgedra.

Vir die inligtingsdag in die Noordwes Provinsie is ‘n gedeelte van

die Lichtenburg Skougronde ingespan en opgedeel in Answer

Plots. Op 27 Februarie en 28 Februarie vanjaar kon produsente

eerstehands toegang kry tot die relevante data wat vir gewasse wat

eie aan die Lichtenburg-area is, ingesamel is.

Die program het ‘n teoretiese sessie en demonstrasiestasies in-

gesluit, waar die volgende onderwerpe aandag geniet het:

Toedieningstegnologie: Doen dit die eerste keer reg.

Waterkwaliteit: Die effek van pH op onder andere SU’s.

Onkruiddoders: Simptome en effekte, asook hul metode van

werking en hoë en lae oesbeskerming-insetvergelykings op

rygewasse – optimaliseer opbrengs.

NutriSolutions 360TM: ‘n Hulpmiddel wat gewasspesifieke

“binne seisoen”-inligting verskaf.

67

May 2018

AKTUEEL

Produk-inligting

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1

2

3

4

1: Die program is afgeskop met ‘n indrukwekkende lug-

bespuitingdemonstrasie deur Spysprayers Cropspraying.

2: John McIntyre (konsultant) verduidelik die onkruiddoder-

klassifikasiestelsel. Die Villa-span het produsente daaraan

herinner dat toepaslike onkruiddoderbestuur die sleutel is

tot onkruidweerstand.

3: Die span van NutriSolutions 360 het die belangrikheid

van gewasspesifieke inligting tydens die seisoen bespreek.

Willem Groenewald, Cara Botha en Teunis Vahrmeijer, almal

van NutriSolutions, het verduidelik dat hoewel klimaat die

deurslaggewende faktor in die plant se ontwikkeling is, die

korrekte voeding op die regte tyd, in die korrekte vorm, teen

die regte dosis tot optimale opbrengs sal lei.

4: Dr Brian de Villiers (produkbestuurder: byvoegmiddels,

Villa), regs, en Louis Reynolds (bemarkingsadviseur) het

die impak van watergehalte bespreek. Produsente moet

bewus wees van die gehalte van waterbronne – soos pH,

soutgehalte, waterhardheid en die mineraalinhoud. Swak

gehalte water kan die chemiese prestasie van onkruiddoders

onnodig verswak en dit kan verhoed word.