Previous Page  31 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 31 / 84 Next Page
Page Background

29

May 2018

Hierdie lande het ‘n veel groter en meer

prominente rol in die wêreldmarkte be-

gin speel. Dit is ook die geval in terme van

wêrelduitvoere wat in

Grafiek 3

gesien

word. Die oppervlakte aangeplant in die

Noord-Amerikaanse lande het oor dié tyd-

perk ‘n afname getoon, terwyl die opper-

vlakte aangeplant in die Europese Unie

redelik konstant gebly het. Die toename

in opbrengs wat in dié lande gesien word,

het hoofsaaklik bygedra tot die toename in

produksie, terwyl daar wel in die voorma-

lige Sowjetunie-lande ‘n toename in opper-

vlakte aangeplant was.

Grafiek 3 toon die wêrelduitvoere van ko-

ring vanaf die verskillende streke. Dit is

duidelik dat hoewel die Noord-Amerikaanse

lande steeds ‘n groot uitvoerder van ko-

ring in die internasionale konteks is, daar

beslis ‘n afname in die uitvoere vanaf

Noord-Amerika is. Die gemiddelde jaarlikse

uitvoere in die 2000’s het ‘n meer sywaartse

tendens getoon, wat aansienlik laer as in die

1980’s was.

Die ander twee belangrikste rolspelers

in die wêreldkoringkonteks het besonder

prominent begin word in terme van uit-

voere na die internasionale markte – met

die Swart See-lande wat uitsonderlike groei

getoon het en amper oor die afgelope vyf

jaar verdriedubbel het.

Impak op die plaaslike

mark

Suid-Afrika voer gemiddeld tussen 40%

en 50% van die plaaslike jaarlikse koring-

verbruik in – afhangende van die plaas-

like produksie vir die seisoen. Die land

is ‘n netto invoerder van koring en die

internasionale mark speel daarom ‘n be-

duidende rol in die plaaslike mark – veral in

terme van die prysbepaling.

Die plaaslike koringkwaliteit vergelyk mees-

tal gunstig met die Amerikaanse kwaliteit,

terwyl die kwaliteit heelwat beter is as die

koring wat in die Swart See-lande geprodu-

seer word. Suid-Afrikaanse koringinvoere

het ook oor tyd veranderinge ondergaan en

al hoe meer koring word van die Swart See-

streek en Europese Unie af ingevoer, waar

dit vroeër jare hoofsaaklik van lande soos

Kanda en die VSA af ingevoer is.

Onder normale omstandighede verhandel

pryse oor die algemeen teen ‘n diskonto

teenoor die Amerikaanse koringprys, maar

die pryse neig tog nader aan mekaar ge-

durende sekere tye van die seisoen. Die hoë

wêreldvoorraadvlakke hou die kompetisie

in die wêreldmarkte straf en pryse moet

kompeterend wees om in die uitvoermarkte

te deel.

Grafiek 2: Jaarlikse koringproduksie in verskillende wêreldstreke.

Bron: Amerikaanse Departement van Landbou (USDA)

Grafiek 3: Jaarlikse koringuitvoere vanaf verskillende wêreldstreke.

Bron: Amerikaanse Departement van Landbou (USDA)

Grafiek 4: Daaglikse internasionale koringpryse.

Bron: Internasionale Graanraad en Graan SA