Previous Page  30 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 30 / 84 Next Page
Page Background

Internasionale koringproduksie

oor tyd en die impak daarvan

d

ie winterproduksieseisoen lê

voor en almal hou duim vas

dat die weerstoestande beter

sal wees as die vorige seisoen

– veral in die winterreënvalge-

biede. Die Wes-Kaap, wat die

grootste koringproduserende provinsie in

die land is, het die afgelope seisoen uiters

uitdagende omstandighede beleef. Dit is

duidelik in dié seisoen se koringproduksie

te bespeur.

2017/2018-seisoen se totale oes was vol-

gens die finale produksieskatting van die

Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) on-

geveer 1,52 miljoen ton, wat die derde klein-

ste oes in die afgelope tien jaar was.

Die Wes-Kaapse produksie was aansienlik

laer as die gemiddeld. Dit het ‘n beduidende

impak op die totale plaaslike produksie ge-

had. Aan die ander kant word die interna-

sionale koringmark reeds vir die afgelope

paar jaar gekenmerk deur toenemende

produksie en stagnerende verbruik, wat hoë

wêreldvoorrade veroorsaak.

Aangesien Suid-Afrika ‘n netto invoerder

van koring is, speel die internasionale mark

‘n groot rol in die plaaslike pryse. Dit is

daarom noodsaaklik om die internasionale

mark in konteks te sien ten einde die impak

daarvan op die plaaslike mark ten volle te

verstaan.

Internasionale mark

In die internasionale konteks van koring

word die markte tans oorheers deur hoë

internasionale voorraadvlakke. Die wêreld-

koringproduksie het oor die afgelope 18 tot

20 jaar bevredigende groei getoon, ter-

wyl die verbruik oor hierdie tydperk meer

sywaarts beweeg het en nie teen dieselfde

tempo as die produksie toegeneem het nie.

Dit het gelei tot die akkumulasie van voor-

rade in die internasionale markte, wat gesien

kan word in die groei in wêreldoordragvoor-

raad. Die geskatte wêreldeindvoorraad vir

die 2017/2018-seisoen is tans 271,22 miljoen

ton – wat gelykstaande is aan ongeveer

36% van die wêreldproduksie.

Dit is die hoogste oordragvoorraad wat

nóg in die wêreldmark gerapporteer is

Grafiek 1

toon die produksie, eindvoor-

raad en eindvoorraad as persentasie van

produksie sedert die 1980-seisoen. Dit is

duidelik uit Grafiek 1 dat die voorraad oor

die afgelope vier tot vyf jaar aansienlik vin-

nig na die huidige vlakke toegeneem het.

Wêreldkoringproduksie

oor tyd

In die internasionale konteks het die produk-

sie van koring oor tyd sekere veranderinge

ondergaan, waarvan die noemenswaardig-

ste sekerlik die geografiese veranderinge

is. Amerika was aanvanklik die wêreldleier

in koringproduksie en het die internasionale

mark tot ‘n groot mate in terme van produk-

sie en aanbod gedomineer. Oor tyd het die

koringproduksie na ander internasionale

lande begin verskuif, terwyl Amerikaanse

koringproduksie ‘n meer sywaartse bewe-

ging tot effens afname oor dieselfde tyd-

perk getoon het.

Dit het veroorsaak dat ander wêreldlande

die markte begin domineer het. Die wêreld

het begin wegbeweeg vanaf Amerikaanse

koring as hoofvoorsiener. Die grootste

toename in produksie het verskuif na die

Europese Unie, wat tans die grootste ko-

ringproduserende streek in die wêreld is,

terwyl veral beduidende toenames in ko-

ringproduksie in die voormalige Sowjetunie-

lande – of beter bekend as die Oosblok-lande

– in die Swart See-gebied oor die afgelope

paar jaar plaasgevind het (

Grafiek 2

).

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

16 April 2018

OP PLAASVLAK

Mei 2018

28

Grafiek 1: Wêreldkoringproduksie, -eindvoorraad en -eindvoorraad as persentasie van produksie.

Bron: Amerikaanse Departement van Landbou (USDA)