Previous Page  37 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 37 / 84 Next Page
Page Background

35

May 2018

Dit beteken dat die minimumprys waarteen die produsent die

graan moet verkoop om die strategie winsgewend te maak, ge-

durende Desember ongeveer R2 095/ton en gedurende Maart

ongeveer R2 208/ton is.

Verkoop fisiese graan en koop

call

(koop)

-opsies

Wanneer die produsent dié strategie gebruik, sal hy die fisiese graan

gedurende strooptyd verkoop en die inkomste uit die verkope ont-

vang, waarna hy Safex-

call

-opsies op die termynbeurs gaan koop.

Deur dit te doen, sal die produsent homself in ‘n posisie plaas waar

sy risiko beperk is, maar steeds wins gemaak kan word wanneer

die pryse deur die loop van die seisoen toeneem.

Tabel 3

toon

die berekening van die koste verbonde aan die strategie, asook

die minimumprys waarteen die mark tydens opsievervaltyd moet

verhandel sodat die strategie winsgewend kan wees.

Gestel mielies verhandel tydens strooptyd teen ongeveer R1 950/

ton en die

call

-premie beloop ongeveer R120/ton vir ‘n Desember-

call

-opsie en R180/ton vir ‘n Maart-

call

-opsie. Die opsietrefpryse

vir Desember en Maart is R2 040/ton en R2 080/ton onderskeidelik.

In Tabel 3 kan ons sien dat die koste verbonde aan die strategie

ongeveer R120/ton en R180/ton vir die Desember- en Maart-opsies

onderskeidelik is. Die minimumprys waarteen die mark tydens op-

sievervaldatum moet verhandel om die strategie winsgewend te

maak, is R2 160/ton gedurende Desember en R2 262/ton gedurende

Maart.

Ten slotte

Die hoofdoel van die artikel en die berekeninge wat hierin gemaak

is, is om die beginsel agter die strategieë te illustreer deur algemene

pryse van mielies te gebruik. Dit is belangrik dat produsente in ag

neem dat genoemde strategieë op enige gewas toegepas kan word

en nie net op mielies nie.

Produsente moet hulself vereenselwig met die beginsels van die

strategieë wat gebruik kan word, asook die berekeninge wat daar-

mee gepaard gaan, sodat hulle vertroud is met die koste en risiko’s

daaraan verbonde.

Wanneer produsente die verskillende strategieë met mekaar

vergelyk, maak seker dat die fundamentele faktore in die

mark ook in ag geneem word. Dit sal ‘n beter aanduiding gee

van wat deur die loop van die seisoen in terme van pryse verwag kan

word en sal ook die keuse van strategie vergemaklik.

Kontantvloei is ‘n kritiese faktor in die oorlewing van enige boer-

dery en daarom moet versigtige oorweging aan die impak van die

strategie waarop besluit word, op die kontantvloei van die boerdery,

geskenk word.

JULIE - DESEMBER

JULIE - MAART

Spotprys (R/ton)

R1 950,00

R1 950,00

Inkomste (R/ton)

R1 950,00

R1 950,00

Produksiekoste (R/ton)

R1 800,00

R1 800,00

Wins/verlies (R/ton)

R150,00

R150,00

Rente (R/ton)*

R3,25

R5,69

TABEL 1: VOORSTELLING VAN INKOMSTE EN KOSTE WANNEER GRAAN SLEGS IN KONTANTMARK VERKOOP WORD.

* Rente as inkomste (6,5%) indien wins/verlies positief is en rente as koste (10,25%) indien wins/verlies negatief is

* Geleentheidsrente (6,5%) op wins indien spotprys > produksiekoste is

STOOR DESEMBER

STOOR MAART

Spotprys (R/ton)

R1 950,00

R1 950,00

Produksiekoste (R/ton)

R1 800,00

R1 800,00

Stoorkoste (R/ton)

R80,00

R145,00

Geleentheidsrente (6,5%) (R/ton)*

R3,25

R5,69

Produksierente (10,25%) (R/ton)

R61,50

R107,63

Strategiese koste (R/ton)

R144,75

R258,31

Minimumprys teen opsievervaldatum

(R/ton)

R2 095,00

R2 208,00

TABEL 2: BEREKENING VAN STRATEGIESE KOSTE INDIEN GRAAN GESTOOR WORD.

DESEMBER

CALL

-STRATEGIE

MAART

CALL

-STRATEGIE

Spotprys (R/ton)

R1 950,00

R1 950,00

Produksiekoste (R/ton)

R1 800,00

R1 800,00

Wins/verlies (R/ton)

R150,00

R150,00

Premie (R/ton)

R120,00

R180,00

Rente (R/ton)*

R0,65

-R1,79

Koste van strategie (R/ton)

R119,35

R181,80

Call

-trefprys (R/ton)

R2 040,00

R2 080,00

Minimumprys teen opsievervaldatum

(R/ton)

R2 160

R2 262

* Rente op inkomste (6,5%) indien (wins/verlies – premie) positief is en rente op koste (10,25%) indien (wins/verlies – premie) negatief is

TABEL 3: BEREKENING VAN KOSTE VERBONDE AAN DIE STRATEGIE INDIEN DIE GRAAN VERKOOP EN DIE KOOP VAN ‘N

CALL

AS STRATEGIE

GEBRUIK WORD.