Previous Page  29 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 29 / 84 Next Page
Page Background

27

May 2018

OP PLAASVLAK

Markte

Waar sal die vraag vandaan kom?

Internasionale vraag

Die uitvoer van mielies is nie ‘n nuwe scena-

rio nie en ons is oor die lang termyn

hoofsaaklik ‘n netto uitvoerder. Die uitda-

ging is wel dat Suid-Afrika aansienlike

hoeveelhede moet uitvoer: Die verwagting

is tans naby aan 4 miljoen ton – die hoogste

uitvoere nog sedert die deregulering van

die markte was 2,5 miljoen ton.

Om te kan uitvoer moet ‘n paar items in plek

wees. Breedweg behels dit die volgende:

Registrasie van GMO-gebeurtenisse

moet in sinkronisasie met invoerlande

wees – dit sluit in registrasie vir

aanplanting en handel.

Internasionale handelsooreenkomste

moet nagekom word.

Sanitêre en fitosanitêre maatreëls/

protokolle moet in plek wees en

nagekom word.

Invoerlande moet toestemming verleen

vir die invoer van kommoditeite.

Die vryemark moet handel fasiliteer,

met ander woorde die plaaslike pryse

en vervoer moet mededingend wees.

As die markte waarheen Suid-Afrika

tans hoofsaaklik uitvoer ontleed word,

is dit duidelik dat oorgenoeg markspasie

beskikbaar is – ongeveer 30 miljoen ton

– maar die pryse en prosesse moet dit kan

fasiliteer (

Grafiek 4

op bladsy 25).

Op die globale mark is witmielies uiters

beperk en in lande soos Mexiko betreklik

afhanklik van vraag-en-aanbodscenario’s.

Verder is die mark ook uiters sensitief

in terme van markte wat nie-GMO-mie-

lies aankoop en lande wat GMO-mielies

aankoop.

Suid-Afrika se witmielies bly hoofsaaklik

na die buurlande toe beweeg – met beperkte

hoeveelhede. In terme van geelmielies is

‘n groter mark beskikbaar, omdat die wêreld

‘n geelmielieverbruiker is. Suid-Afrika se

geelmielies vloei hoofsaaklik na die Ooste

toe, wat lande soos Japan, Korea en Taiwan

insluit.

Een van die faktore wat die mededingend-

heid van pryse besonder sterk beïnvloed, is

vervoerkostes. Volgens mnr Ronald Jetten

van COFCO Internasionaal lê Suid-Afrika se

voordeel grootliks in die Ooste, maar meer

spesifiek in lande soos Viëtnam, Maleisië,

China en Iran (

Grafiek 5

op bladsy 25

).

Dit is belangrik om op die bestemmings

te fokus en seker te maak dat markte oop

is en dat uitvoere daarheen kan vloei. Die

beperking wat met internasionale uitvoere

ervaar word, is dat die prys laag moet

wees om die uitvoere te fasiliteer – wat

beteken dat pryse by uitvoerpariteitsvlakke

moet wees.

Neem in ag dat elke streek binne Suid-

Afrika se uitvoerpariteit verskil, afhangende

van hoe ver die produsent van die hawe af

is. Tans (met die skryf van artikel) was die

Randfontein-uitvoerpariteit R1 650/ton.

Opsomming

Tabel 1

gee ‘n goeie aanduiding van wat die

uitdagings is en waarop gefokus moet word.

As die tabel bestudeer word, is dit duidelik

dat uitvoermarkte en dierlike verbruik ‘n

belangrike fokuspunt moet wees.

Die industriële uitbreiding van markte is

meer kompleks weens huidige beleide en

die politiese siening met betrekking tot

die bekommernis oor die impak op sosiale

vlak.

BELEIDS-

OMGEWING

GROEIGE-

LEENTHEDE

IMPAK OP

SUID-

AFRIKAANSE

EKONOMIE

SOSIAAL

AANVAAR-

BAAR

INFRA-

STRUKTUUR

INVESTE-

RINGSVER-

TROUE

IMPAK OP

OOR-AAN-

BOD

TYDPERK

TOT IMPAK

Plaaslike vraag

Indus-

triële

mark

Min tot geen

beleide

Goed, maar

nie sonder

beleid nie

Positiewe en

negatiewe

impakte

Voedsel ver-

sus brand-

stof?

Min tot geen Konstante

aanbod?

Beleid?

Investerings-

kapitaal?

Groot

Lang termyn

Menslike

verbruik

Gevestig; min-

der uitdagings

Uiters beperk

– per kapita

verbruik daal

Impak be-

perk

Stapelvoed-

sel

Uitbreiding? Gevestigde

industrie

Beperk

Lang termyn

Dierlike

verbruik

Paar uitdagings,

veral by hoen-

ders en suiwel

Goed – per

kapita ver-

buik styg

Positiewe

impak

Kultuur en

status

In plek met

uitdagings,

uitbreiding

nodig

Gevestigde

industrie met

groeivooruit-

sigte

Matig,

afhangende

van groei

Medium

termyn

Internasionale vraag

Uitvoere Beleide is

meestal in plek,

fasilitering en

terugvoer vanaf

ander lande 'n

uitdaging

Goed, maar

ten koste van

prys, mede-

dingendheid

moet ver-

hoog

Positiewe

impak

Aanvaarbaar

weens impak

op ekonomie

en handels-

balans

In plek met

uitdagings,

uitbreiding

nodig

As mededin-

gendheid

in plek is.

Konstante

aanbod bly

vraagstuk?

Groot

Kort termyn

TABEL 1: UITDAGINGS IN DIE UITVOERMARK.