Previous Page  27 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 27 / 84 Next Page
Page Background

25

May 2018

Gegewe die nuwe suikerwet wat ingestel

is, is die groot vraag: Tel glukosestroop

vanaf mielies as ‘n suiker? Amerika het

reeds al in die 1970’s glukosestroop begin

gebruik; dalk is hierdie ‘n nuwe geleentheid

vir die mieliemark?

Die menslike vraag verteenwoordig bloot

die vervaardiging en verbruik van mie-

liemeel. Dit is ‘n gegewe dat, soos die

besteebare inkomste in die land styg, ons

vanaf laer LSM-groepe na hoër LSM-groepe

begin beweeg, wat beteken dat diëte

verander vanaf ‘n styselbasis na meer van

‘n proteïenbasis.

As die vraagsyfers bestudeer word, is dit

duidelik dat die vraag na voer ‘n aansien-

like meer stygende tendens het as wat die

geval is met die vraag na menslike verbruik

van mielies. Die menslike verbruik volg die

populasiegroei en is hoofsaaklik afhanklik

van ekonomiese omstandighede (

Grafiek 2

).

Wanneer die Nasionale Landboubemar-

kingsraad (NLBR) se vraag-en-aanbodsy-

fers ontleed word, verwag hul in die 2018/

2019-seisoen dat 5 miljoen ton mielies

vir menslike voeding gebruik gaan word,

teenoor die 5,3 miljoen ton vir dierlike voe-

ding – dit is ten spyte van die uitdagings wat

in die hoenderbedryf ervaar word en die

impak van die droogte.

Die afgelope seisoen het ons ook beleef

dat veepryse daadwerklik gestyg het.

Teen einde Maart was bees A2/A3-pryse

by R46,90/kg en speenkalf R34/kg – en die

kuddesyfers is aansienlik verlaag wens die

droogte. Die beter veepryse en die feit dat

Suid-Afrika beesvleis uitvoer, ondersteun

die vraag na mielies.

Stimulering van vraag onder menslike

verbruik is bitter moeilik en is ‘n betreklike

langertermynscenario, omdat die verbruiker

oortuig moet word om nog meer van ‘n

stapelvoedsel te benut, waar vraag en

aanbod des te makliker die stimulering van

verbruik in voer stimuleer.

Die vraag op almal se lippe bly wie die

grootste

voerverbruikers

binne

die

mieliemark is.

As

Grafiek 3

bestudeer word, is die grootste

verbruikers die hoenderbedryf (48%),

gevolg deur beeste met 30%. Dit is vir die

mieliebedryf se vraagstimulasie krities

dat dit met die hoenderbedryf goed gaan.

Dit sal die verhoging in produksie en die

vermindering van invoere insluit.

Beesproduksie word natuurlik opgedeel

in vleis en suiwel. In die vleisbedryf is dit

belangrik dat ‘n omgewing op makro- en

mikrovlak geskep word om uitvoere te laat

plaasvind. In terme van suiwel is dit weer

eens uiters belangrik om die plaaslike mark

teen invoere te beskerm.

Grafiek 3: Verbruik van mielies as veevoer.

Bron: APR Opt model

Grafiek 4: Jaarlikse invoere van normale uitvoerbestemmings.

Bron: USDA

Grafiek 5: Vervoervoordeel vir spesifieke eindbestemmings.

Bron: Ronald Jetten